‘Skaam jou dat jy Afrikaans is, Nazi!’

Deel op

‘n Afrikaanse meisie is deur ’n Amerikaanse modelagent vertel sy behoort haar te skaam omdat sy Afrikaans is, het Rapport berig.

Die model Anna Modler, 16, het Iris ­Minier van Elite Models genader oor moontlike oorsese modelwerk. Minier het aan Anna gevra of sy ander tale behalwe Engels magtig is, waarop die meisie geantwoord het dat sy Afrikaans ook praat.

Minier, ‘n Marokkaanse Jood wat in Parys en New York woon, het aan Anna gesê dis nie iets om op trots te wees nie.

Anna Modler op Facebook
Anna Modler op Facebook

Om Afrikaans te wees is boonop nie iets wat sy vir enigiemand moet sê nie, het Minier Anna aangeraai. “Sy [Minier] het nog so ’n rukkie gesit en toe sê sy dit is soos om vir almal te sê jy is ’n Nazi, en dit gaan my nêrens bring nie,” het Anna gesê.

Anna het aan Rapport gesê sy moes haar inhou om nie teen die vrou uit te vaar nie.

Anna se huidige agent het Minier genader oor haar kwetsende kommentaar, maar Minier sê haar kommentaar is verkeerd vertolk. Sy moes nie met Anna “politiek” gepraat het nie, sê sy.

Dit is nie seker wat Minier meen “politiek” behels nie. Israel se aanvalle op Gasa het internasionaal ‘n tsoenamie van kritiek teen Jode ontketen met die Jood Anthony Altbeker wat in dieselfde koerant erken dat Israel die morele hoëgrond prysgegee het met hul etniese uitwissing van Palestyne.

Die internasionale media gons behoorlik soos Jode tans met Nazi’s vergelyk word weens hul ongenaakbare aanvalle. Minier se opmerkings teen dié agtergrond doen dus nog vreemder aan.

Van die topmodelle in die wêreld is Afrikaans soos Candice Swanepoel en Behati Prinsloo.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.