Die slaaf in jou spieël

Deel op

Ons is baie gelukkig om in ‘n moderne tyd te leef, nie waar nie? Dink net; honderde jare gelede sou jou en my voorouers onderworpe gewees het aan ‘n feodale stelsel. Ons sou tydelik die reg verkry het om op ‘n landheer se grond te werk, maar in ruil daarvoor, sou meeste van die opbrengs aan die landheer oorbetaal moes word. Ons sou ook lojaliteit aan die landheer moes sweer, en ook moes deelneem aan enige militêre veldtogte wat die landheer nodig sou ag. Hierdie regte kon te eniger tyd opgeskort word, nes ‘n blanke boer se plaas in Suid-Afrika op enige stadium by hom gesteel kan word in 2014.

delport_manfred_600Waar daar nie ‘n feodale stelsel was nie, het despotiese konings dikwels onbillike belastings van hul onderdane vereis. In 1776, in Boston, het Amerikaanse onderdane van die ingeteelde Britse koningshuis hierteen gerebelleer, en kratte tee oorboord gegooi in die Boston-hawe in protes teen gierigheid van oorkant die Atlantiese oseaan. “No taxation without representation”, was hulle slagspreuk, en hierdie rebellie het gelei tot die Amerikaanse Rewolusie, wat die Britte hul Amerikaanse kolonies gekos het.

Dankie tog daar is nie in 2014 enige sprake van ‘n feodale stelsel, gierige koningshuise of slawerny nie, nie waar nie? Ons is só gelukkig om vry te wees, om nie onregverdige belastings te hoef te betaal aan konings, despote of slawemeesters nie.

Dink weer.

Jy, meneer en mevrou die Afrikanerbelastingbetaler is veel, veel erger daaraan toe as enige Amerikaner in die 13 kolonies van 1776. Ten minste was die Britte die regstreekse voorsate van die Amerikaners in die kolonies. Sonder die Engelse setlaars op die Mayflower was daar geen kolonie in die Nuwe Wêreld nie. Jy en ek word, anders as die Amerikaners, totaal deur ‘n ander volk oorheers: die Zoeloevolk. Ek het op dees aarde niks met ‘n Zoeloe in gemeen nie, nie sover dit my taal betref nie, nie my kultuur nie, nie my tegnologiese beskawing nie, absoluut niks nie. Ons, soos wafferse onderdane van hetsy die feodale landheer, hetsy Koning Georg, hetsy die eiendom van ‘n Portugese slawe-eienaar in Brasilië, werk en swoeg om volksvreemde slawe-eienaars, despote en konings in weelde te laat leef.

Die ANC se Zoeloedespoot, Zuma, het sy kaias op Nkandla laat opgradeer teen ‘n astronomiese koste van ‘n kwartmiljard rand. As ek so na die foto’s van sy kaias kyk, van vervelige, lelike rondawels, ‘n beeskraal en ‘n hoenderhok, hoop ek terdeë dat die dekor binne die onaantreklike rondawels skouspelagtig is, want ek kan waaragtig nie sien waar my en jou kwartmiljard rand heen is nie. ‘n Grasdak en ‘n swembad is sekerlik nie so duur nie? Ek hoop ons praat van soliede, goue toilette en ‘n Renoir of twee teen elke slaapkamer se muur.

Nie net moet ons ons Zoeloedespoot se kaias opgradeer nie, maar ook moet ons ‘n koning wat op dees aarde niks met Afrikaners uit te waai het nie, Goodwill Zwelithini, in rojale weelde onderhou. Hierdie orige ou man, met ‘n klaarblyklike gebrek aan seksuele selfbeheersing wat Zuma s’n ewenaar, en met ‘n voorliefde vir maagde wat dekades jonger is as hy, is onlangs getrakteer op op ‘n onthaal met 100 000 gaste. Een honderd beeste is geslag en derduisende liter tradisionele bier is gesuip in ‘n orgie van buitensporige dronkenskap, ongetwyfeld gepaard met kratte vol Johnny Walker-whiskey vir die meer belangrike gaste.

Alles vir my en jou rekening.

Die houvrou waarmee die naturellekoning Zwelithini getroud is, is al sedert die ouderdom van agtien sy slagoffer. Hy het haar as’t ware vir ‘n toetsrit gevat, en haar swanger gemaak sodat hy kon toets of sy vir hom nog ‘n ongewenste Zoeloetelgie kon uitdruk; nog ‘n parasiet wat op jou en my gaan teer, soos die miljoene welsynsparasiete wat aangemoedig word om soos hase aan te teel dmv allerhande toelaes. Kaalbolyf-Zoeloemeisies is geparadeer tydens die orgie van seks en drankmisbruik, om hul maagdelikheid ten toon te stel, vermoedelik sodat die 66-jarige ou bok die ware wat ten toon gestel is, die jong blare ook later sou kon geniet, nes sy Swazi-eweknie in ons buurland. Stuur hulle verteenwoordigers na kleuterskole om toekomstige vrouens vroeg-vroeg al te identifiseer, wonder ek?

Ja, jy en ek, die Afrikanerbelastingbetaler, het vir ‘n groteske onthaal vir ‘n naturellekoning honderde miljoene rande opgedok; jy swoeg en sweet by die werk, bloot om belasting te betaal, om vir ‘n vreemde koning verskeie paleise (geskatte waarde: R600 miljoen) en ses vrouens aan te koop. Hy het ook ‘n vloot luuksemotors. Die Zoeloekoning is egter nie die enigste nie. Daar is talle ander “tradisionele leiers” wat ook soos groteske bosluise op jou en my, die blanke en Afrikanerbelastingbetaler teer; wat in weelde leef, wat minderjarige meisies seksueel misbruik, in die naam van hul sogenaamde kultuur.

Sê gou weer vir my, meneer en mevrou die Afrikanerslaaf, voel jy jou nog steeds kwansus “bevry” sedert 1994?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.