G4S neem weer beheer van Mangaung-gevangenis

Deel op

Die Departement van Korrektiewe Dienste het die beheer van die Mangaung-gevangenis buite Bloemfontein weer aan die veiligheidsmaatskappy, G4S, oorhandig, het RSG berig.

Die departement het in Oktober verlede jaar die beheer van die privaat-beheerde gevangenis oorgeneem. Die kommissaris, Zach Modise, sê die probleme wat tot die beheeroorname gelei het, is opgelos.

Die streekspresident van G4S Africa, Andy Baker, sê die maatskappy het ingestem om die 326 werkers wat afgedank is, weer aan te stel.

`n Maand voor Korrektiewe Dienste die beheer oorgeneem het, het G4S `n groep van 330 lede van die vakbond, Popcru, afgedank omdat hulle na `n staking nie weer begin werk het nie.

Tydens die staking is `n vroulike bewaarder vir 13 uur deur die gevangenes aangehou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.