Kiëf verontagsaam skietstilstand oor MH17 ramptoneel

Deel op

Internasionale kenners sal probeer om Vrydag by die wrakstukke van vlug MH17 te begin werk, terwyl die Oekraïense magte alles in hul vermoë doen om die toneel onbegaanbaar te maak.

Kiëf het hul offensief teen selfverdedigingsgroepe hervat nadat ‘n een-dag-stilstand vroeër aangekondig is.

Die internasionale ondersoek na die ramp in Oos-Oekraïne het Donderdag hervat toe kundiges die ongelukstoneel bereik het vir die eerste keer in byna ‘n week na Kiëf ‘n einde aan sy militêre offensief aangekondig het.

‘n Klein span van Nederlandse en Australiese kenners vergesel deur internasionale monitors kon deurgang verkry.

Die hoof van die Nederlandse span wat die Maleisiese vliegtuigramp in die Oekraïene ondersoek, het bevestig dat sy groepe bykomende DNS-monsters geneem het van die 25 slagoffers wat nog in ‘n lykshuis in Donetsk is.

Pieter-Jaap Aalbersberg sê sy span het ook die persoonlike besittings van die slagoffers in die lykshuis opgespoor.

Die oorskot van sowat 200 slagoffers is verlede maand Nederland toe geneem om geïdentifiseer te word. Die oorskot van 80 ander slagoffers is steeds op die ramptoneel.

Gevegte tussen selfverdedigingsgroepe en soldate in die Donetsk en Luhansk gebied, maak die gebied steeds gevaarlik.

“Die veiligheidsituasie is nog steeds baie onstabiel,” het Aalbersberg aan joernaliste gesê in Kiëf.

‘n AFP-span wat ‘n paar minute agter die konvooi gery het, het harde ontploffings net ‘n paar kilometer weg van die rampterrein gehoor en swart rook sien opstyg uit ‘n dorp naby die plek waar ‘n paar van die vliegtuigwrakstukke lê.

Dié aanvalle kom ten spyte van die Oekraïense weermag se vroeëre aangekondig van ‘n “dag van rus” oor die hele oostelike gebied na ‘n pleidooi van VN-hoof Ban Ki-moon om op aanvalle te staak waar die oorblyfsels van ‘n paar van die 298 slagoffers steeds in die son lê.

Kiëf het selfverdigingsgroepe blameer vir die vertraging van die ondersoek, omdat “insurgente” steeds “in hul stellings” oor die hele streek is.

Hoe langer die ongelukstoneel egter onbereikbaar bly, hoe minder getuienis sal daar beskikbaar wees wat die oorsake van die ramp sal kan bevestig.

Kiëf het ‘n oorlog teen sy eie inwoners verklaar uit vrees dat hulle mbv ‘n vreedsame referendum kan afstig soos in die Krim. Meer as ‘n 1000 mense het reeds omgekom.

Die selfverdedigingsgroepe het in reaksie gesê dat die Oekraïne nie sy wapenstilstand eerbiedig nie.

Die VSA hou vol dat die vliegtuig per ongeluk afgeskiet is deur “rebelle” op 17 Julie, maar Rusland en selfverdedigingsgroepe het gesê dit kon uit die lug geskiet gewees het deur ‘n Oekraïense vliegtuig. Hulle het gevra dat die VSA, Kiëf se borge, alle beskikbare inligting vrystel om die kwessie te help besleg.

Den Haag en Canberra het beide ooreenkomste aangegaan met die junta in Kiëf om sowat 950 gewapende personeel te ontplooi, maar Australië het intussen teruggekrabbel en by monde van hul minister van buitelandse sake gesê dit was slegs ‘n “versekeringspolis” en hulle wil nie by die konflik betrokke raak nie.

Intussen het wetgewers in Brittanje gewaarsku dat NAVO hul gereedheid vir ‘n militêre aanval teen Rusland verder moet opskerp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.