Israel, Hamas kondig nuwe skietstilstand aan

Deel op

Met die internasionale klimaat wat al swaarder op Israel en die VSA weeg weens hul voortgesette aanvalle in die besette Gasa-gebied, het die twee strydende partye ingestem tot ‘n “humanitêre” skietstilstand.

Israel en die VSA wou egter nie aan dieselfde tafel van aangesig tot aangesig teenoor Hamas sit nie. Die ooreenkoms is deur bemiddelaars gesluit.

Dié skietstaking van 72-uur sal om agtuur Vrydagoggend in werking tree. Gasa se water en elekrtisiteit sal tot ‘n minimum herstel word en familielede ‘n kans gun om hul dooies te begrawe.

Onderhandelaars aan beide kante sal steeds in Kaïro in Egipte vergader om glo ‘n langtermyn-oplossing vir die geweld te probeer vind, maar die kanse vir vrede lyk skraal.

Amerika het binne ure nadat Israel ‘n VN-skool aangeval het, nog wapens aan Irsael gelewer.

Kerry het voorts gesê dat Israelse magte intussen in Gasa sal aanbly en steeds sy “defensiewe” operasies mag voortsit ten opsigte van die vernietiging van tonnels waardeur wapens na Israel gesmokkel word.

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, John Kerry en die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Ban Ki-Moon het die skietstaking in ‘n gesamentlike verklaring bekendgemaak.

Kort voordat die jongste skietstaking aangekondig is, is nog 14 Palestyne dood in ‘n grond- en lugaanval in die Gasagebied.

Die Israelse weermag sê vyf van sy soldate is ook dood in ‘n mortieraanval naby die grens met Gasa.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.