Brittanje heropen polonium-saak na pedofilie-onthullings aanhou

Deel op

Brittanje het Donderdag skielik die ondersoek na die dood van die voormalige Russiese agent Alexander Litwinenko heropen. Dit kom agt jaar nadat hy vergiftig is met radioaktiewe polonium.

Die Britse minister van binnelandse sake, Theresa May, bevind haarself tans midde-in ‘n groot pedofilietoesmeerskandaal waarby top-leiers van haar Konserwatiewe Party en die koninklike gesin glo betrokke is.

Prins Philip se voormalige persoonlike assistent is Woensdag aangekla dat hy ‘n kind seksueel misbruik het terwyl hy in die 1970’s vir die koninklike familie gewerk het.

Volgens ‘n polisiewoordvoerder sal Benjamin Herman Maandag in ‘n hof in Londen verskyn. Hy staan tereg op drie aanklagte van onsedelike aanranding – tussen 1972 en 1974 – van ‘n 12-jarige meisie.

Rusland sê die ondersoek na hulle agent is heropen om politieke redes. Litwinenko, ‘n voormalige KGB-beampte, het in 2000 na Brittanje gereis om op Russiese oligarge in Londen en Israel te spioeneer. In November 2006 is Litwinenko aan polonium 210-vergiftiging dood. Die Russiese regering ontken betrokkenheid by sy dood.

Die staatsaanklaer het in reaksie op May se besluit gesê, daar is geen nuwe getuienis wat na vore gekom het nie. Die vorige ondersoek het getoon dat Rusland nie met sy dood verbind kan word nie.

Die belangrikste kinkel in hierdie geval egter het in 2012 na vore gekom ná onthullings deur Marina Litwinenko, sy weduwee se prokureur dat die voormalige Russiese spioen na bewering vir Brittanje se MI6, sowel as vir die Spaanse geheime diens gewerk het.

Tot dusver het die Britte hul saak gebou alleen op artikels, onderhoude en inligting uit die media,” sê Maksim, Litwinenko se broer. “Ons het nie ‘n enkele amptelike dokument gesien wat die oorsaak van die dood verklaar nie.”

Litwinenko se familie hoop dat ‘n openbare ondersoek sal toelaat dat geheime, sensitiewe regeringsmateriaal vrygestel sal word.

Rusland se ambassadeur na die Verenigde Koninkryk, Alexander Yakowenko, het verlede week gesê dat die Britse owerhede die getuienis in hulle besit in die openbaar moet vrystel, en dat Rusland nie enige uitspraak deur ‘n geheime hof sal aanvaar nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.