Waarom blankes nie die 2010-sokker ondersteun nie

ImageDie stelling van Essop Pahad – dat blankes nie die 2010-sokkertoernooi ondersteun nie – moes seker lank geneem het om uit te dink. Ek wonder net hoe hy nou skielik by dié verstommende openbaring uitgekom het? Dat alle blankes dalk nie ten gunste van die 2010-sokker is nie, kan ek heeltemal verstaan. Daar is meer as een rede daarvoor.

Om mee te begin, is daar die diskriminasie waarmee ons as blankes in die sportwêreld moet saamleef. Hierteenoor is die sokkerspan, oftewel Bafana Bafana, die een instelling wat heeltemal deur die regering se inmengerige sportliggame met rus gelaat word. Terwyl rugby, krieket en al die ander sporte gebuk gaan onder sogenaamde kwotastelsels wat veroorsaak dat mense wat nie plekke verdien nie, in spanne opgeneem word waar hulle nie na wense kan presteer op die hoë vlakke wat vereis word nie.

Sokker is miskien die swartman gunstelingsport, maar die wêreld gaan oor meer as net sokker. Trouens, nie almal is volgelinge van soms sinnelose spansporte nie. Wat het geword van individuele sporte soos boogskiet, seiljagvaart, dinge wat bietjie die stereotipes verbreek? Iets anders as twee spanne van 11 mense wat almal dieselfde bal wil skop en kopstamp.

Verder is die stadions wat gebou en opgeknap word ook ʼn probleempie, aangesien die oorspronklik beraamde kostes wat genoem is met astronomiese bedrae oorskry word. Ek verstaan wel dat inflasie en stygende kostes ʼn invloed kan hê, maar nie op die skaal wat ons nou waarneem nie. Duidelik trek sekere mense voordeel hieruit en is besig om die regering met ʼn slap riem te vang.

Die ongelukkige nadraai van dit alles is dat die geld van iemand verhaal sal word, en ek glo nie dat elders as vanuit blanke sakke gaan kom nie, aangesien dit ons belastinggeld is wat reeds vir die huidige partytjie betaal.

Die oorspronklike syfer wat genoem is, was in die omgewing van 12 miljard rand. Vroeër vanjaar is daar genoem dat die syfer nader aan 25 miljard gaan draai. En net in die laaste week of twee is dit verder met sowat 2 miljard verhoog.

Hier kan mens eerlik die vraag vra: wie is besig om vir wie te bedrieg, want duidelik is daar êrens iets onheiligs aan die gang, en dat bedrog ten koste van die blanke belastingbetaler gepleeg word, ly geen twyfel nie.

As teenvoorbeeld vir die sokkersirkus, kan mens die 1995-rugbywêreldbeker voorhou. Elke wedstryd is in bestaande fasiliteite gespeel en niks of bitter min geld is vanuit die land se begroting geneem om enige voorbereidings te finansier. En daarby was die toernooi ʼn klinkende sukses!

Dieselfde kan helaas nie van die sokker gesê word nie, aangesien astronomiese bedrae geld wat beter aangewend kon word vir ander infrastruktuurprojekte (byvoorbeeld ons haglike paaie) nou geneem word vir iets wat later net ʼn wit olifant gaan wees, bygesê indien die stadions hoegenaamd agterna bruikbaar gaan wees.

Die opgradering van die land se regstelsel om nou skielik misdaad hok te slaan en met wilde  of verbeeldingryke sewepuntplanne die land se probleme op te los, is nog ʼn teer punt. Feit is dat die regering reeds jare terug geweet het dat hulle nie die stryd teen misdaad wen nie, omdat hulle nie die wilskrag daarvoor het nie.

Waarom word misdaad skielik as probleem uitgewys met minder as twee jaar voor die sokkerwêreldbeker ? Wie presies probeer Mbeki en André Pruis beïndruk, en hoekom moet die besoekers se veiligheid gewaarborg word ten koste van van die land se burgers?

Kan dit dalk die vrae wees van Sepp Blatter en kie, die bewuswording in oorsese lande dat misdaad in SA ʼn probleem is en dat hulle begin bekommerd raak oor die land se stabiliteit? Ons sal nie kan sê nie, maar iets is gewis aan die gang en iemand probeer vinnig oorsee indruk maak.

Die feit dat die rugsteun-plan vir 2010 al bespreek is, kan wel iets hiermee te doen hê, en die regering moes nou net plan maak, al is dit ook net ʼn plan sonder dade. Hoewel die beoogde sokkerhowe wys dat die belange van die besoeker swaarder weeg as dié van die land se burgers.

Die regering roem hom op al die geld wat die land met die sokker gaan binnestroom, en dan word daar veral gekyk na die toerismebedryf wat sulke miljoene gaan maak. Ek vra hier die vraag: watse wysheid steek daarin om miljoene te maak as die gasheerland miljarde uitgee om net miljoene te maak? Ek is geen ekonoom nie, maar selfs vir my klink dit te dik vir ʼn daalder.

Ek dink wat wel hier ter sprake is , is dat die regering vergeet om te noem wie die groot geld gaan maak: slegs ʼn bitter klein persentasie mense wat oor die regte kontakte en velkleur beskik. Diegene wat saam met die hoghere mense dink en werk, en vir seker nie die gemiddelde Jan Rap en sy maat nie. En baie beslis nie die arme swart drommels teen wie die regering net so hard diskrimineer nie.

Ek meen dat meer as 99 % van die land se burgers nie ʼn dooie sent van die beloofde miljoene gaan sien nie, terwyl so ʼn paar Groot Manne lekker gaan lag terwyl die masjiene die stapels geld in bondels aftel.

Die bouwerk van die (onnodige) stadions is nog ʼn verdere punt. Die absolute diskriminasie wat teen blankes toegepas word in die toekenning van kontrakte is nog n rede ʼn rede waarom baie blankes nie die sokker hier wil hê nie. Of dan nie sal huil as die sokker sou misluk nie. Die feit dat SEB-maatskappye die werk kry, ongeag of hulle daartoe in staat, aldan nie .

Die feit dat die regering eerder ons hardverdiende geld aan buitelandse spesialiste en ander sal betaal om iets te verrig wat ons eie bevolking net so goed kon doen, spreek ook boekdele.

Daarby kan mens voeg die voortslepende arbeidsonrus wat die een bouprojek na die ander, wat enersyds die arbeidsituasie in die land weerspieël en andersyds die gebrek aan enige patriotisme of toewyding van die swart bevolking teenoor die 2010-sokker.

Die oefeninge van veiligheidsmagte wat die veiligheid van sokkertoeriste in stadions moet verseker, en allerhande gebeurlikheidsplanne rondom die stede wat as gasheerstede moet optree, verteenwoordig net nog ʼn verdere mors van geld en dui weereens op die regering se dubbele standaarde.

Waarom moet daar vir een gebeurtenis en een toernooi geoefen word? Hoekom was daar nie reeds gebeurlikheidsplanne wat in elk geval groot insidente en gebeurlikhede gedek het nie – nie net vir een jaar en doel nie, maar oor die algemeen, soos wat dit behoort te wees?

Vermoedelik gaan selfs die beste waarmee die regering nou vorendag kom rondom voorsorgmaatreëls nie heeltemal goed genoeg wees indien daar probleme sou ontstaan nie. Want ongelukkig is dit só dat spesialiseenhede nie meer is wat hulle was nie, sonder die deeglikheid en doeltreffendheid van die verlede.

Miskien het Pahad ʼn punt beet as hy sê dat baie blanke Suid-Afrikaners wat wel sokker kyk en geniet nie die Bafana ondersteun nie, maar wel oorsese spanne.

Wel, mnr. Pahad, dis ʼn demokrasie. Een wat julle oorgeneem het en julle s’n gemaak het, met al sy gebreke wat julle binne ʼn voorheen werkende stelsel veroorsaak het.

Dié van ons wat wel sokker kyk en volg, het die rég om die span van ons keuse te ondersteun, en as dit jou nie pas dit die Bafana nie onder hulle tel nie, jammer ou maat. Maar dis soos dit is.

Die feite spreek weereens vanself. Die oorsese spanne het iets om op trots te wees, ʼn rekord van sukses op die wêreldranglys en ook ranglyste wat op die lande self van toepassing is. Wat het die Bafana al bereik? Net mooi niks. Hulle het net die twyfelagtige prestasie dat hulle nie veel vordering maak op sowel die wêreldranglys as die Afrikaranglys nie, behalwe ondertoe. Dink jy dit is iets om op trots te wees? Nee wat, ek dink nie so nie.

Dalk moet jy jouself in die toekoms duideliker uitdruk meer duidelik uitdruk as jy weer sulke klagtes in die koerante maak, en nie so dag of twee ná die tyd kom kla dat jy verkeerd aangehaal is nie. Want die mense sal jou nie altyd vir sulke blapse vergewe nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.