Swartes het nie ‘n saak met anti-apartheidsmuseum nie

Deel op

Swart inwoners het die sluiting van ‘n museum ter ere van anti-apartheidshelde genoop, en hulle beskuldig nou die owerhede dat hulle ‘n “huis vir dooie mense” gebou het, terwyl hulle in haglike omstandighede moet leef.

Die Red Location Museum in New Brighton Port Elizabeth was nie lank gelede nie, ‘n toeriste-magneet waar honderde “geheuebokse” met die verhale van anti-apartheid-aktiviste, insluitend die voormalige president Nelson Mandela, uitgestal is.

Die moderniteit van die R22 miljoen gebou, wat verskeie internasionale argitektoniese toekennings gewen het, staan ​​in totale teenstelling met die plastiek- en sinkplaatstrukture wat dien as huise vir die omliggende swart gemeenskap.

Hulle het nie ‘n saak met die monument wat vir hulle “bevryding” opgerig is nie en herken niks daarin wat vir hulle van belang is nie.

Die museum is nege maande gelede noodgewonge gesluit na dreigemente deur inwoners om besoekers aan te rand. Pogings om dit te heropen is met gewelddadige oproer begroet.

Die webwerf beweer dit is “gesluit is as gevolg van gemeenskapsprotes”, in een van die oudste lokasies van Port Elizabeth.

Die gebou is nou gestroop deur die mense wat hulself gehelp het aan elektriese bedrading, waterpype, kragproppe, omheining en houttoebehore vir hul plakkershutte.

Sekuriteitswagte is ‘n ruk gelede gehuur om die perseel te patrolleer, maar hulle het hul poste verlaat uit vrees vir hul lewens. Dit is glo voorheen as ‘n “navorsingsfasiliteit” deur geskiedkundiges gebruik.

“Die toestande is erg. Die omheining is in verskeie plekke geknip en daar is geen beligting nie,” sê ‘n wag.

“Selfs die deksels van die dreine buite is gesteel. Dit is gevaarlik, jy weet nie wanneer jy aangeval sal word nie,” het hy gesê.

Chris du Preez, die museum se waarnemende assistent-direkteur, sê dat geen artefakte of dokumente gesteel of beskadig is tydens die plundering nie.

Die museum het die 2006 Lubetkin-prys gekry, toegeken deur die Royal Institute of British Architects as die beste nuwe gebou buite die EU.

Die gebou sal gesluit bly.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.