Hof beslis in Transnet-pensioenarisse se guns

Deel op

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het Donderdag in Transnet-pensioenarisse se guns beslis het dat hulle wel as ‘n groep teen Transnet en die regering kan eis.

Die kwessie is van 2006 in die parlement geopper deur die VF+, maar sonder sukses. Daarna is die hofproses uiteindelik gevolg.

Jaap Cilliers en Leon Kellerman, albei senior advokate, het die saak op ‘n gebeurlikheidsbasis aanvaar omdat daar soveel menseregteskendings teen die pensioenarisse plaasgevind het.

Van die pensioenarisse wat as leiers en koördineerders opgetree het, soos Piet van Rensburg is intussen oorlede, maar talle ander streeksorganiseerders het ingestaan.

Die bevel is met koste toegestaan teen die respondente, nadat die regter teen die ANC en Transnet beslis het.

Transnet en die regering het hulself waarskynlik ‘n krediet-degradering op die hals gehaal met hul onverskilligheid teenoor wit pensioenarisse.

Dit kan Transnet se uitbreidingsplanne striem met lenings wat moeiliker toegestaan sal word weens ‘n laer gradering.

“Die enigste manier hoe Transnet van hierdie swaard oor sy kop ontslae kan raak, is om so gou moontlik die saak met die pensioenarisse te skik.

“Die proses vorentoe is nou dat daar in talle hoofstroom-koerante advertensies geplaas gaan word om die publiek bewus te maak van die klasaksie en om die wat nie deel daarvan wil wees nie, die geleentheid te bied om uit te teken. Daarna word die volgende hofdatum vasgestel.

“Ons is hoopvol dat die volgende saak nog hierdie jaar kan plaasvind,” het ‘n regsverteenwoodiger namens Transnet gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.