SA op hoë gereedheid teen Ebola, sê minister

Deel op

Dr. Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, het Woensdag gesê Suid-Afrika is op ’n hoë gereedheidsgrondslag en voorsorgmaatreëls word getref om te keer dat die Ebola-virus hierheen versprei.

“Ons bewusmakingsprogramme is uiters effektief,” het Motsoaledi gesê.

Suid-Afrikaners hoef nie paniekbevange te raak dat die Ebola-virus uit Wes-Afrika ‘n gevaar inhou nie.

Sedert die Ebola-epidemie – die grootste tot nog toe in die geskiedenis – het die gesondheidsdepartement in samewerking met die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes(Nios) kennisgewings aan beamptes by toegangspunte na Suid-Afrika gestuur.

Dit sluit die burgerlugvaartowerheid ook in.

Gesondheidswerkers het ook opdrag gekry om op te let vir reisigers wat onlangs in Wes-Afrika was.

Die virus het reeds tot die dood van meer as 670 gelei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.