Die Nasionale Vervolgingsgesag is volgens berigte besig met ‘n interne ondersoek na die vervolging van die voormalige nasionale polisiekommissaris, Jackie Selebi.
Volgens die koerant The New Age het Selebi se familie en regspan ‘n klag gelê dat die vervolgingsgesag nie al die getuienis in sy besit bekendgemaak het tydens Selebi se hofsaak nie.
Die geskorste hoof van die NVG se eenheid vir integriteitsbestuur, Prince Mokotedi, het aan die koerant bevestig dat die klag ondersoek word.
Mokotedi gaan na verwagting môre sy bedankingsbrief by die NVG indien.
Selebi is in Augustus 2010 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat die hof bevind het dat hy omkoopgeld van die dwelmhandelaar, Glenn Agliotti ontvang het.
Hy is in 2012 op mediese parool vrygelaat.
Bron: RSG