Saterdag teen die Wallabies

Deel op

Die Springbokke kan en behoort Saterdag die Wallabies die loef af te steek. Alles tel in die Bokke se guns. Die Aussies het jare laas in Suid-Afrika gewen, hulle speel voor ‘n fanatiese Durbanse skare en hulle eer is op die spel.

 

Deel op

Maklik gaan dit egter nie wees nie en hopelik het die Bokke geleer uit die foute wat hulle tot dusver in die Drienasies gemaak het. In die vorige toets teen Australië het Suid-Afrika die wedstyd by die afbreekpunte verloor. Nuus uit die Bokkamp is dat hulle hard gewerk het daaraan om Saterdag meer manskappe by hierdie konsentrasiepunte te kry, en met mening skoon te maak.

Hopelik is die skeidsregter ook nie weer blind vir George Smith se blatante onkantspel by die losskrums nie. Verder moet die Bokke minder in hulle eie gebied speel en eerder die spel in die Wallabies se helfte probeer hou. Die Bokke moet ook hulle spel nie laat lostorring nie, aangesien dit so reg in die Australiërs se kraal sal val.

Nog iets wat drasties sal moet verbeter is die Bokke se ondersteunende spel. By talle geleenthede sover in die Drienasies het ‘n speler deurgebreek, maar was die ondersteuning so afwesig soos breinselle in die regering.

Die spanne vir Saterdag is:

Australië – 15. Drew Mitchell, 14. Peter Hynes, 13. Stirling Mortlock, 12. Berrick Barnes, 11. Lote Tuqiri, 10. Matt Giteau, 9 Sam Cordingley, 8. Wycliff Palu, 7. George Smith, 6. Rocky Elsom, 5. Dan Vickerman, 4. James Horwill, 3. Matt Dunning, 2. Stephen Moore, 1. Benn Robinson.
Reserwes: 16. Tatfu Polota Nau, 17. Al Baxter, 18. Hugh McMeniman, 19. Phil Waugh, 20. Brett Sheehan, 21. Timana Tahu, 22. Ryan Cross.
 

Springbokke – 15 Conrad Jantjes, 14 JP Pietersen, 13 Adi Jacobs, 12 Jean de Villiers, 11 Jongi Nokwe, 10 Butch James, 9 Fourie du Preez, 8 Pierre Spies, 7 Juan Smith, 6 Schalk Burger, 5 Victor Matfield (c), 4 Andries Bekker, 3 CJ van der linde, 2 Bismarck du Plessis, 1 Beast Mtawarira.

Reserwes: 16 Adriaan Strauss, 17 Brian Mujati, 18 Joe van Niekerk, 19 Luke Watson, 20 Ricky Januarie, 21 Frans Steyn, 22 Percy Montgomery.

купить зимний комбинезон на мальчика леннеФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.