Massive Attack speel vir Palestyne

Deel op

Die invloedryke Britse groep Massive Attack het in Byblos in Lebanon opgetree om geld vir Palestyne in vlugtelingkampe in te samel.

Dit was hul enigste optrede in die Midde-Ooste opgedra aan die kinders van Gasa. Massive Attack het Israel se slagting van die Palestyne openlik veroordeel.

Die groep het Dinsdagaand opgetree terwyl hul aanhangers Palestynse vlaggies in die lug gehou het.

Robert Del Naja van Massive Attack sê dat een van die digs bevolkte gebiede op aarde gebombardeer word met burgerlikes wat “ongelooflik” verbied word om die gebied te mag verlaat. Hy het Israel se bomaanvalle as ‘n “slagting” beskryf.

Del Naja het in ‘n eksklusiewe onderhoud met AFP gesê Palestyne in vlugtelingkampe in Lebanon leef swaar. Hy het die wêreld se ongeërgdheid gekritiseer. Politici wat stilbly is die heel ergste, het hy gesê. Dit wys dat hulle nie geskik is vir die poste wat hulle beklee nie.

“Wil jy regtig ander mense uitmoor om jouself te beskerm? Dis tog die twintigste eeu waarin ons leef,” het hy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.