Meer as 5000 grondeise ontvang

Deel op

Byna 5500 grondeise is ontvang, het die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming gesê.

Dié eise is landwyd ingestel nadat die grondherstelproses heropen is.

Die ANC het in Julie die indien van grondeise vir vyf jaar heropen.

Gemeenskappe en individue wat na die 1913 grondwetgewing deur grondonteiening geraak is, kan ‘n eis indien om grondherstel.

Duisende wit boere of hul nageslag wie se grond deur die vorige vir tuislandkonsolidasie onteien is, sal ook kwalifiseer om grondeise in te dien.

In twee onlangse uitsprake het die grondeisehof die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming se standpunt dat wit boere nie ingesluit mag word nie, van die tafel gevee.

Een van dié boere, Ivor Leroy Phillips, het talle plase tussen Queenstown en Tarkastad in die Oos-Kaap verloor wat by die Ciskei ingelyf is.

Die hof het in Phillips se saak beslis nóg die Grondwet nóg die Vergoedingswet sluit mense op grons van ras uit.

In die saak van Arie Peters Hoogenboezem het die grondeisehof bevind hy het sy plaas nie vrywillig aan die NP-regering verkoop nie.

Hoogenboezem het sy plaas aan Lebowa afgestaan.

Die grond is namens die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingstrust aangekoop wat nie markverwante pryse daarvoor betaal het nie het deskundige waardasies gewys.

Plaaseienaars wat geweier het om te verkoop, is gedreig dat hul plase onteien sou word en hulle dan nog minder as die koopaanbod sou kry het.

Die meeste eise was in die Wes-Kaap, gevolg deur Gauteng.

Zoeloeleiers, insluitende Koning Goodwill Zwelithini, het aangedui dat hulle die hele Zoeloekoningryk van die 19de eeu wil eis.

Die hoof-grondeisekommissaris, Nomfundo Gobodo, sê die swart lokasie-inwoners in Kaapstad wil eise wil indien, teen onder meer Kruispad.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.