Leuens en pseudowetenskap: Ope brief aan Julian Rademeyer

Deel op

Geagte meneer Rademeyer,

Ek reageer op u skrywe op die Daily Maverick se webblad. Ek het dit terloops vir ‘n oomblik oorweeg om hierdie skrywe in Engels te rig, maar toe besef ek dat, verengels soos u mag wees met ‘n voornaam soos Julian, iemand met die van Rademeyer minstens iemand sal ken wat Afrikaans magtig is, en wat hierdie brief aan u sal kan voorlees.

delport_manfred_600U rubriek gaan opnuut oor die omstredenheid rondom Steve Hofmeyr en Sunette Bridges se bewering dat blankes die slagoffers is van ‘n moedswillige veldtog van rassistiese haatmisdaad. U organisasie, AfricaCheck, word in u rubriek voorgehou as ‘n rasionele, onafhanklike een, wat wetenskap en statistiek pleeg.

Ek sal dus maar die gewone, agterlike geskree-huil oor rassisme in u rubriek ignoreer, synde so holrug gery dat dit nie ‘n kwansuise wetenskaplik-gefundeerde organisasie betaam nie, en dus geen verdere reaksie werd is nie. Voorts is die tradisionele en breindood-verskoning dat “almal onder misdaad ly”, so absurd en inderdaad onnosel dat mens net sowel kan argumenteer dat die dwelmprobleem op die Kaapse Vlakte heeltemal normaal en in orde is, omdat Colombië ook ‘n dwelmprobleem het. Nee wat, jammer, selfs nie u glo sulke belaglikhede nie. Kom ons fokus maar eerder op u pogings om Hofmeyr en Bridges te weerlê.

U haal twee reaksies op Hofmeyr en Bridges se bewerings aan.

Die eerste is uit die pen van Nechama Brodie. Sy beweer dat die moordkoers op blankes vandag soortgelyk is aan die moordkoers tussen 1979 en 1991, en laer is as vir ander groepe. Goed en wel, blankes het kennelik beter sekerheid by hul huise, maar wat sy bloot oor kan raai, is hoeveel van daardie moorde deur swartes gepleeg word. Sy spekuleer, sonder om hoegenaamd eens te probeer om harde, wetenskaplike syfers aan te haal, dat die eintlike booswigte blanke mans is. G’n mens weet hoe sy daardie bewering kan staaf nie, want die rassegroep van veroordeeldes word nie tydens skuldigbevindings opgeteken nie. Vir ‘n organisasie wat beweer dat u kwansuis wetenskaplik gefundeerde metodes sou gebruik, is sulke “data” dus van nul en gener waarde nie. Dis blote raaiwerk, spekulasie en selfs vooroordeel aan die kant van me Brody, en dus is haar “bewyse” waardeloos – niemand weet hoeveel blankes deur ander blankes of swartes vermoor word nie.

Die tweede aanhaling is van Lisa Vetten, wat beweer dat blanke vrouens veel meer waarskynlik is om deur hul metgeselle vermoor te word, as deur swart aanvallers. Weer eens, soos me Brody se spekulasie, is dit hoogstens ‘n wilde raaiskoot. Vetten spreek in ieder geval nie dít wat Hofmeyr en Bridges beweer het, aan nie. Nie een van hulle het ontken dat blankes ook misdaad pleeg nie. Vetten se reaksie spreek nie die kern van die argument aan nie, en is dus ‘n strooipop-argument, iets wat ‘n eksterne kwessie opstel en daarop reageer, maar nie die opponent se argument hoegenaamd beantwoord nie. Om dit in eenvoudige terme te stel: In ‘n lelieblanke dorp, sê maar iewers in Noorweë, sal daar wel ook ‘n klein persentasie blanke mans wees wat hul vrouens aanval en selfs vermoor. Nes in Suid-Afrika, maar in Suid-Afrika is daar benewens hierdie geweld, ook die addisionele faktor van swart-op-wit, rassistiese aanvalle, wat insgelyks teen blanke vrouens gemik is.

En daardie punt, dat blankes buitensporig die slagoffers is van rassistiese, swart-op-wit haatmisdade, wat me Vetten, me Brody, asook uself, mnr Rademeyer, glad nie eens probeer aanspreek nie, is die kern van Hofmeyr en Bridges se argument. Ek kan dit soos volg formuleer: By die gebrek aan harde, verdedigbare data, maar te oordeel aan mediaberigte en persoonlike oorvertellings, is dit veel, veel meer waarskynlik dat swart-op-blank misdaad die omgekeerde vêr oortref. Ek stel dit aan u dat dit veel, veel waarskynliker is dat, waar dit by rassistiese misdaad kom, ‘n blanke deur ‘n swarte vermoor, aangeval, gekaap, vermoor of verkrag sal word, as dat ‘n blanke dit met ‘n swarte sal doen.

Nou goed, u kan argumenteer dat Hofmeyr en Bridges se data verdag of selfs foutief is. Beide is immers sangers, nie demograwe of kriminoloë nie. U organisasie, daarenteen, roem u op u wetenskaplike benadering en u beweer dat u, anders as Hofmeyr en Bridges, op harde data staatmaak. Ek daag u dus hiermee in die openbaar uit: Gebruik met liefde alle wetenskaplike middele en data tot u beskikking. Doen enige nodige navorsing. Haal soveel bronne as wat u wil aan. Onderwerp u bevindings aan ‘n proses van evaluasie, maar antwoord asseblief vir ons die volgende twee eenvoudige vragies, met verdedigbare, harde data:

  1. Hoeveel blankes word vermoor, verkrag, aangeval, beroof en gekaap deur swart oortreders, en hoeveel swartes word op hul beurt deur blankes op soortgelyke wyses aangeval?
  2. Hoeveel plaasaanvalle en huisinvalle, dikwels gepaard met marteling, is teen blanke slagoffers deur swartes gepleeg, en hoeveel huise in plekke soos Soweto of plaasaanvalle in plekke soos landelike KwaZulu-Natal, is deur blanke booswigte gepleeg?

Kom, dis eenvoudige vrae, en harde syfers is mos u kos. Met bostaande, harde, wetenskaplik verdedigbare syfers, het u hier die geleentheid om die argument vir eens en vir altyd en oortuigend te wen. Kontroleer dit gerus vir bevolkingsgetalle; deel met ander woorde die aantal rassistiese haatmisdade teen blankes hierbo deur die blanke bevolking en druk dit uit as ‘n syfer per 100 000, en doen gerus dieselfde met wit-op-swart aanvalle.

Ek sien met opgehoue asem uit na u antwoord op bostaande, eenvoudige vragies.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.