Ontkleetoertjie by Mandela-standbeeld woes getwiet

Deel op

‘n Swart vrou wat by die Nelson Mandela-plein in Sandton van al haar klere ontslae geraak het, het Twitter aan die brand.

Die koerant The Star het Woensdag berig dat die ongeïdentifiseerde vrou Maandag naak by oudpres. Nelson Mandela se standbeeld gaan staan en die beeld begin streel het.

Die voorval het konsternasie veroorsaak by swartes wat gesê het hulle is erg geskok. Kelners by die restaurante het die petalje aangegaap en vergeet van hul bestellings.

Die bemarkingsbestuurder van Sandton City en die Nelson Mandela-plein, Megan Meas, het Woensdag gesê sy is bewus van die voorval.

“Dit was ‘n onwettige voorval wat deur ‘n persoon uitgevoer is op ons eiendom,” sê sy.

Die swart vrou is nie aangekla nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.