Sierra Leone se enigste Ebola-dokter sterf

Die dokter aan die voorpunt van die stryd teen die Ebola-virus in Sierra Leone, is oorlede aan die siekte.

Net enkele dae nadat hy self die virus opgedoen het, is Sheik Umar Khan dood in die hospitaal waar hy opgeneem is in kwarantyn.

Hy het voor hy siek geword het, gsê hy vrees dat hy die siekte kan opdoen.

Die viroloog het voor sy dood meer as 100 pasiënte by die hospitaal in Kenema, een van die wêreld se voorste Ebola diagnosefasiliteite, behandel.

Die hospitaal word deur Dokters Sonder Grense bedryf.

Kahn was die enigste spesialis die land wat tropiese koorssiektes kon behandel. Die ministerie van gesondheid in Sierra Leone het hom as ‘n nasionale held geprys.

Die uitbreking van ebola in Wes-Afrika het vroeër vanjaar in die buurland, Guinee begin. Dit is die ergste uitbreking sedert die siekte die eerste keer in 1976 waargeneem is.

So ver is meer as 672 mense in Wes-Afrika dood. Dit sluit Sierra Leone, Liberië, Guinee en Nigerië in.

Inwoners wat onder kwarantyn geplaas word is in opstand daarteen en probeer siekes ontset met geweld. In Sierra Leone het ‘n vrou ontsnap en na die besige Freetown gevlug voor sy drie dae gelede dood is.

Twee Amerikaners, ‘n dokter en sendelinge het ook die siekte onderlede.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.