Duitser in psigiatriese inrigting na hy plaasmoord ervaar

Deel op

Die Duitse seun van ‘n bejaarde egpaar wat op hulle plaas in Richmond in KwaZulu-Natal vermoor is, het getuig dat hy ná die moorde ‘n week in ‘n psigiatriese hospitaal moes deurbring, het RSG berig.

Ekard en Elizabeth Schutte, en hulle seun Luts is verskeie keer met messe gesteek en daarna aan die brand gesteek.

Stefan Schutte het gister ter strafverswaring in die Pietermartizburg Hooggeregshof getuig.

Hy het spesiaal vir sy pa se 73ste verjaardag uit Duitsland na die land gekom.

Die hof het gehoor dat die getuie se vrou en twee seuns ook berading ná die moorde moes ontvang.

Zanokuhle Madima, Siphloihle Ngubane en Lucikuhle Khoza het skuld op die aanklagte van moord en roof erken en sal vandag gevonnis word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.