Vaalrivier vrot van die riool wat marxistiese ‘Emfuleni’ daarin stort

Die marxisties getransformeerde stadsraad van “Emfuleni” wat dorpe langs die Vaalrivier insluit, is besig om rou riool in die Vaalrivier te stort. Die E.coli-telling het reeds tot 77 000 eenhede per 100 ml water gestyg.

‘Emfuleni’ sluit die drie dorpe in die Vaaldriehoek, Vereeniging, Vanderbijlpark en Sasolburg in. Maar dit bevat ook Sharpeville waar betogers in 1960 deur die polisie doodgeskiet is en wat agterna deur die twee kommunistiese leiers, Joe Slovo en Ruth First, aangegryp is om ‘n propagandaveldtog teen die destydse regering te voer. Die huidige Suid-Afrikaanse grondwet is ook te Sharpeville onderteken.

‘n Afgetrede akademikus op Vanderbijlpark met wie praag gesels het, beweer dat “die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty met ‘n biologiese oorlog teen ons besig is. Hulle besmet ons met kieme sodat ons kan siek word en doodgaan. Dis doelbewus. Die revolusionêre kaders wat Emfuleni beheer, ignoreer selfs hofbevele en hou aan om tonne en tonne riool in die Vaalrivier te stort. Dit gaan die hele Gauteng vergiftig.”

Omdat die departement van waterwese insgelyks onder beheer van die ANC-Kommunisteparty verkeer, staan die departement ook opsy terwyl die riool in die rivier inloop. ‘n Woordvoerder van die party, wat blykbaar in die destyds kommunistiese Oos-Europa opleiding in biologiese oorlogvoering ontvang het, Sputnik Ratau, het gesê sy departement “praat nie graag met die mediaverteenwoordigers van die reaksionêre en rassistiese magte nie”. Sputnik is vernoem na die trots van die destydse kommunistiese USSR, die eerste satelliet met daardie naam wat die ruimte ingestuur is.

Elise Tempelhoff, ‘n omgewingsverslaggeefster, berig dat “vlieghengelaars woedend is” omdat alle lewende wesens in die water deur die bakterieë gedood word.

In die voormalige kommunistiese Oos-Europa is grootskaalse omgewingskade aangerig. Met die hereniging van Duitsland moes die Duitse regering miljarde euro aan die herstel van die omgewing in “demokratiese” Oos-Duitsland bestee omdat omgewingsbesoedeling en die vergiftiging van mense hand aan hand met die kommunistiese ideologie. Vyandelike klasse en etniese groepe kan ook met wapens van massavernietiging aangeval word. Soos wat Suid-Afrika onder kommunisme “transformeer”, gebeur dieselfde.

‘n Woordvoerder van ‘n aksiegroep, Save our Vaal Environment, wat teen die besoedeling gekant is, het reeds ses hooggeregshofbevele teen Emfuleni verkry, maar die munisipale boboustruktuur ignoreer dit, aangesien “die vereistes van die klassestryd bo die omgewing in die dialektiese rangorde verkeer”. (Volgens Karl Marx se ideologie, bepaal die “onderbou” of die ekonomie, die “bobou” of politiek, daarom staan Emfuleni as ‘n “munisipale boboustruktuur” bekend.)

Die meeste van die hooggeregshofbevele gaan oor die herstel van rioolpype. Die Hooggeregshof van Gauteng, Johannesburgse plaaslike afdeling, het Emfuleni ook verbied om voort te gaan met sy biologiese planne om die hele Vaalrivier vol bakterieë te stort. Die hof het bepaal dat geen riool verder in die Vaal gestort mag word nie.

Desnieteenstaande gaan Emfuleni voort, want binne die Kommunisteparty word gevoel dat die howe aan die politieke mag ondergeskik moet wees en word hofuitsprake dus nie meer as bindend geag nie. Navrae aan Randwater is ook na die politieke kommissarisse by die departement van waterwese verwys en dié maatskappy staan magteloos teenoor die politburo van die Kommunisteparty wat besig is om alle mag in sy hande te konsentreer.

Emfuleni is besig om ekstra riool vir sy besoedelingsprogram te produseer. Sputnik Ratau het gesê dat “die apartheidsbewind sy program van rassesuiwerheid ook op water van toepassing gemaak het en nou sal vóél wat ons daarvan dink”. Die “apartheidsinstallasie” soos daarna verwys word, is destyds ontwerp om 7 megaliter rioolwater per dag te suiwer. Met die ekstra rioolproduksie waarop Emfuleni besluit het, vloei daar tans 47 megaliter rioolwater per dag deur die gebied en verhoog die bakterielading aanmekaar.

Die mediawoordvoerder van Emfuleni, Klaas Mofomme, het na bewering gesê dat “alle vorme van suiwerheid in die gebied uitgewis sal word ten einde ‘n totale transformasie van die samelewing te bewerkstellig. Voordat die nuwe tyd aanbreek, moet ons eers alles wat oud is tot in die grond afbreek”. Pogings om mnr. Mofomme te kry om dié bewering te bevestig, het tot dusver misluk, aangesien hy geen van sy telefone beantwoord nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.