MRK bevind teen wit mans

Deel op

Die Menseregtekommissie het die joernalis Nechama Brodie, die navorser Lisa Vetten, die webblad Africa Check en prof. Naeema Abrahams van die Mediese Navorsingsraad gelyk gegee nadat Sunette Bridges ‘n klag teen hulle ingedien het.

Africa Check is berug vir eensydige “ondersoeke” wat ‘n bepaalde agenda nastreef.

Bridges het vroeër vanjaar ’n lys van vermoorde wit vroue as deel van ’n klag teen ’n groep akademici by die Menseregtekommissie ingedien. Steve Hofmeyr het haar ondersteun.

Die academici het bevind dat wit Suid-Afrikaanse vroue ‘n groter kans staan om deur hul liefdesmaat vermoor te word as deur ‘n onbekende swart man.

Verkragting en moord het dramaties toegeneem in Suid-Afrika sedert 1994 maar die span se ondersoek was spesifiek gerig teen wit mans, nie ‘n noemenswaardige persentasie van die algehele bevolking nie.

Luidens ’n brief deur die MRK het Bridges-hulle aangedring dat “alle verklarings in die openbaar teruggetrek moet word”; “dat Brodie en Vetten verskoning aan alle wit Suid-Afrikaanse mans moet maak”; “dat Africa Check behoorlike studies oor vroulike moorde moet handhaaf”; en dat “hulle moet ophou om sulke verklarings oor wit Suid-Afrikaanse mans te maak”.

Die MRK het bevind dat die klagte ongegrond is. Die bevinding bevestig egter dat die hoë moordkoers waarskynlik te danke is aan swart mans wat vroue van alle rasse vermoor, aangesien die moordkoers vir wit mans baie laer is as vir swart mans.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.