Hewige gevegte sper MH17-ongelukstoneel af

Deel op

Maleisië probeer ‘n skietstilstand tussen pro-Russiese seperatiste en die Oekraïense regering bemiddel in die gebied waar ‘n Maleisiese passasiersvliegtuig op 17 Julie afgeskiet is, het RSG berig.

Die hoof van die Maleisiese ondersoekspan sê hulle wil verseker dat die oorskot van passasiers teruggekry word en dat die ondersoek by die ongelukstoneel afgehandel word.

‘n Regeringsbron in Kuala Lumpur sê hy hoop ‘n ooreenkoms kan bereik word voor die eerste minister, Najib Razak Woensdag na Nederland vertrek.

Najib het gister ‘n ooreenkoms aangekondig waarvolgens die seperatiste die internasionale polisie toegang tot die ongelukstoneel gee.

Hewige gevegte tussen die rebelle en Oekraïense regeringsmagte het verhoed dat Nederlandse en Australiese polisiebeamptes toegang tot die toneel kry.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.