NAVO-lande onttrek personeel uit Libië

Deel op

In Libië is meer as 97 mense dood en 400 beseer in wekelange gevegte, maar die dodetal mag aansienlik hoër wees.

Die konflik wat twee weke gelede dramaties toegeneem het, gaan tans om beheer oor die Tripoli internasionale lughawe waar strydende faksies poog om dit oor te neem.

Die land se ministerie van gesondheid sê die jongste syfers van die groeiende dodetal is gegrond op verslae van agt openbare hospitale in die hoofstad. Dit sluit nie mediese sentrums buite die stad in nie.

Amerika, Frankryk, Duitsland, Brittanje en Nederland het vroeër hul diplomatieke personeel gevra om die land so spoedig as moontlik te verlaat uit vrees vir hul veiligheid.

Dié lande het vroeër aan die NAVO-geleide aanval op Libië deelgeneem, om wat president Obama genoem het “universele waardes” te vestig.

Libië beskik nie meer oor ‘n weermag nie en die land het na drie jaar sedert NAVO se “humanitêre” ingryping in chaos verval met verskeie militante groepe wat meeding om beheer in die land oor te neem.

Al Kaida, een van die groepe, is deur die VSA befonds.

Intussen berig Algeriese bronne dat die gebied steeds wemel van jihadiste wat benewens wapens ook ‘n BUK-missielstelsel gebuit het.

Die gebuite Libiese toerusting is glo na Mali geneem waar Air Algerie 5017 verlede week neergestort het. Die Amerikaanse Federal Aviation Administration verwys na die gebied as ‘n “hoë-risiko vlugsone”.

Met die ongeluk naby Gao, Mali van Air Algerie is 110 passasiers en bemanning dood, net enkele dae nadat die Oekraïne ‘n Maleisiese vliegtuig, vlug MH17 met meestal Nederlandse passasiers aan boord glo met dieselfde soort missiel afgeskiet het.

Die Air Algerie-vlug was op pad van Ougadougou, Burkina Faso, na Algiers, en die moontlikheid dat BUK-missiele uit Libië is gebruik is om die vliegtuig neer te skiet, kan nie uitgesluit word nie.

In 2013 is so ‘n BUK aangewend in ‘n terreuraanval op die Ain Amena-aardgasaanleg in die Algerynse Sahara. Die jihadiste het 40 Westerlinge en ander gyselaars vermoor.

Een-en-vyftig van die 110 passasiers aan boord Air Algerie 5017 was Franse burgers.

Dertien minute nadat die vlug om 09:17 opgestyg het van Ouagadougou-lughawe, het die Air Algerie vlieënier toestemming van lugverkeerbeheer in Niger versoek om ‘n “vliegtuig” in die gebied te vermy. Die ander “vliegtuig” kon ‘n grond-missiel gewees het.

Die Verenigde State van Amerika bedryf ‘n program met die kodenaam CREEKsand vanaf die militêre kant van Ouagadougou-lughawe sê Franse ontleders. Hulle stuur onbemande tuie vandaar oor die gebied.

Obama en Hillary Clinton se steun vir Libiese jihadistiese groepe in die omverwerping van Moeammar Gadaffi het gelei tot die verspreiding van wapens dwarsdeur die Sahara-streek.

Dié twee en ander lede van die Obama-administrasie dra die volle verantwoordelikheid vir die verspreiding van sulke wapentuig aan radikale groepe, aangesien hulle herhaaldelike waarskuwings daaroor geïgnoreer het.

Dit sluit ‘n paar 480 SA-24 “Grinch” draagbare stelsels, sowel as die BUK-missielstelsel in. Op 22 September 2011, het ‘n senior intelligensie-amptenaar aan The Daily Telegraph gesê: “As die SA-24 missiele in die verkeerde hande kom, sal geen burgerlike vliegtuie in die streek meer veilig teen ‘n aanval wees nie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.