Valke ondersoek korrupsie van R1,6 miljard in Gauteng

Deel op

Die Valke het Vrydag bevestig dat hulle ‘n regeringsamptenaar ondersoek vir korrupsie waarby R1.6 miljard betrokke is.

“Daar is geen formele klag by die oomblik nie, maar ons kan bevestig dat ‘n aansoek in die hoërhof voorberei word,” het kaptein Paul Ramaloko gesê.

Die korrupsie is na bewering tydens die amptenaar se ampstermyn gepleeg. Ramaloko het geweier om meer besonderhede, insluitend die amptenaar se naam te verskaf.

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) se woordvoerder Boy Ndala het geweier om kommentaar te lewer, en sê die saak is sub judice.

Die Mail & Guardian het Vrydag berig dat volgens hofstukke is die voormalige Gautengse LUR vir gesondheid Brian Hlongwa LUR geïmpliseer in korrupsie wat terugdateer na 2006.

Hlongwa, wat die ANC se hoofsweep in Gauteng was, het na bewering as ‘n kanaal vir omkoopgeld opgetree.

Die nasionale vervolgingsgesag (NV) het ‘n reeks aansoeke in die hooggeregshof in Johannesburg gebring om te vra vir ‘n bevel om die bates van sekere maatskappye te bevries.

Die NVG glo hierdie bates was die opbrengs van ‘n misdaad. Ter ondersteuning van die aansoek, het die Valke en SOE duisende bladsye van getuienis met betrekking tot die beweerde korrupsie voorgelê.

Dié geld is glo gebruik om die politieke ambisies van sekere ANC-figure te finansier.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.