Israel een van vier ongewildste lande ter wêreld

Deel op

Israel en Hamas het ingestem tot ‘n 12 uur lange humanitêre skietstilstand, nadat Israel onder geweldige internasionale druk gekom het.

Israel het voorheen die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry se versoek om ‘n skietstilstand verwerp, maar moes bes gee weens dié druk, nadat Amerika onder skoot gekom het omdat hulle ‘n ondersoek na beweerde oorlogsmisdade deur Israel geveto het.

Israel word tans as een van die mees ongewilde lande ter wêreld gesien, in die onderste vier plekke, tesame met Pakistan, Noord-Korea en Iran.

Israel is egter die land wat die meeste resolusies deur die VN verontagsaam, maar nogtans op Amerikaanse steun kan staatmaak.

Internasionale regskenners sê dit kan die Verenigde Nasies se legitimiteit om konflik te besleg, skaad.

Die Israelse weermag het gesê hy sal tydens die skietstaking voortgaan om na “tonnels” te soek wat deur “Hamas-militante” op die Gasa-grens gebruik word. Die tonnels word glo ook deur joernaliste gebruik wat oor die toestand in die gebied berig.

Etlike duisende mense het die strate van New York Vrydag binnegevaar om teen Israel se offensief te betoog waarin hospitale, skole en ouetehuise geteiken word.

Hulle eis ‘n einde aan die geweld wat die lewens van byna 850 Palestyne gekos het, die meeste van hulle burgerlikes.

Palestynse vlae en slagspreuke wat Israel vir die aanval veroordeel was volop in Times Square. ‘n Oproep om ‘n einde te maak aan Amerikaanse steun aan die land, is ook gemaak.

Die demografie van Israelse steun in die VSA het gekrimp tot wit mans oor die ouderdom van 55 met ‘n lae opvoedingspeil.

Volgens Pew, verwar die meeste Judaïsme met Sionisme en is hulle evangeliese Christene. Lidmate van ouer Protestantse Kerke is fel gekant teen wat hulle Israel se “onwettige optrede” noem en het hul steun aan die BDS-veldtog toegesê.

‘n Militêre prokureur vir die IDF, Joel Zinger, het vroeër gesê wat Israel se beweerde oortredings in die konflik betref, maak hulle staat op Amerikaanse openbare betrekkinge om dit te hanteer.

Op 23 Julie was die VSA die enigste land om ‘n VN-voorstel oor ‘n ondersoek na Israel se beweerde oortredings in Gasa te veto.

Die VN stem elke jaar ten gunste van die wetlike vereiste om ‘n einde aan die Israeliese besetting en kolonisering van Palestina te maak met ongeveer 165 teen 2, teen die VSA en Israel. Israel het reeds 32 resolusies geïgnoreer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.