Duitser, Rus in Kenia doodgeskiet

Deel op

‘n Duitse toeris is aan die Keniaanse kus in Mombasa op ‘n kort afstand doodgeskiet, het RSG berig.

Sy is die tweede toeris wat vandeesmaand in die stad dood is. Vroeër is ‘n Russiese toeris ook geskiet.

Niemand het tot dusver aanspreeklikheid vir die aanvalle aanvaar nie.

Die Somaliese rebellegroep, al Sjabaab het verlede maand toeriste gewaarsku om van Kenia af weg te bly. Die skietvoorvalle sal na verwagting die land se toerisme tot groot nadeel strek.

Verskeie Westerse lande het in Mei waarskuwings gerig dat hulle burgers slegs om noodsaaklike redes na Mombasa moet reis.

Al Sjabaab eis dat Keniaanse troepe uit Somalië onttrek, en die groep het Kenia tot ‘n oorlogsone verklaar.

Die wit Britse vrou wat op ‘n vervalste Suid-Afrikaanse paspoort gereis het, Samantha Lewthwaite, en verbind word met die dodelike bomaanval op ‘n Nairobi winkelsentrum namens Al Sjabaab, is steeds soek.

Interpol het ‘n internasionale kennisgewing vir Lewthwaite in September verlede jaar in 190 lidlande uitgereik om haar op sig te arresteer.

Die aanval op die Westgate-winkelsentrum in Nairobi het tot die dood meer as 65 mense gelei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.