ANC bespreek glo Afrikaner-onafhanklikheid om litigasie te vermy

Deel op

Die regering het bevestig hy sal voor die einde van Augustus met die Boere Afrikaner Volksraad vergader, het RSG berig.

Dit volg nadat die Volksraad gister aangekondig het dat samesprekings onder andere met president Jacob Zuma en sy adjunk, Cyril Ramaphosa oor self-beskikking gehou sal word.

Die groep wil onafhanklikheid van Suid-Afrika hê en ‘n staat vestig waar Afrikaners hulle kultuur en taal kan uitleef.

Die presidensiële woordvoerder, Mac Maharaj sê die regering is altyd bereid om met verskillende belangegroepe in gesprek te tree.

Maharaj sê die kwessie duik gereeld op en die regering is bereid om dit te bespreek om sodoende litigasie te vermy.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.