UV-rektor se mede-skollie uit

Deel op

Die Universiteit van die Vrystaat se wit studentedekaan vir transformasie moet sy pos ontruim nadat hy klaarblyklik nie daarin geslaag het om die rektor se swart agenda deur te voer nie.

Dit is bevestig deur Lacea Loader, UV-woordvoerder.

Loader het egter ontken dat die besluit verband hou met Buys se planne om “fundamentele en volledige transformasie” oftewel verswarting van die Kovsie-kampus onder aanvoering van die rektor Jonathan Jansen deur te voer.

Buys het op gebruiklike wyse naakte Boerehaat ingespan om die inwoners van die JBM Hertzog-manskoshuis tot sy “kulturele hernuwingsproses”, te bekeer.

Groot ongelukkigheid heers onder studente en alumni van dié universiteit daaroor.

Klaarblyklik het Jansen se plan om soos gewoonlik ‘n witte te gebruik vir sy verswartingsprojek, nou gesneuwel.

Gedenkwaardighede, onder meer persoonlike items wat aan die Boere-generaal JBM Hertzog behoort het, is uit die koshuis verwyder as deel van Jansen en Buys se kultuurslopingprojek teen Afrikaners.

Die voormalige voorsitter van die Kovsie-alumni-trust en oud-inwoner van JBM, wat homself as “pro-transformasie” beskryf, se oë het blykbaar nou effens oopgegaan nadat die ANC-aanslag nader tuis beweeg het.

Jonathan Jansen, die rektor en aanstigter, wat openlik teen wit Afrikaners agiteer, het voorheen die “proses van hernuwing” verdedig, maar dit lyk asof Buys se dae getel is en Jansen van hom ontslae geraak het om sy verleentheid te verberg na heftige teenstand.

Jansen het oudergewoonte die ontstoke betrokkenes tot leuenaars verklaar en ontken dat gedenkwaardighede uit die koshuis verwyder is. Hy het gesê die naamsverandering van die koshuis “is deel is van ’n konsultasieproses”.

Rapport het egter ’n opname bekom van die toespraak wat Buys op 19 Februarie by JBM gemaak het. Hieruit is dit duidelik dat die studente­dekaan onder aanvoering van Jansen, verklaar dat die sogenaamde “konsultasieproses” pure oëverblindery is.

Buys, ‘n NG-predikant wat deurgaans altyd Engels praat, het voor studente verklaar: “Ek wil dit duidelik stel: Hierdie koshuis sál verander. In elke opsig. Die naam van die koshuis sal verander. Die museum (in die voorportaal van die koshuis) met materiaal wat aan JBM Hertzog behoort het, sal verwyder word.

“Ek wil dit duidelik maak, of julle saamstem of nie, die goed moet dié jaar verander. Vanjaar is die jaar wat hierdie koshuis fundamenteel en volledig verander.”

Daar is groot ongelukkigheid oor die bestuurstyl van die Kleurlingrektor, wie se termyn pas verleng is: “Wanneer hy met ons op vergaderings praat, klink hy erger as ’n diktator. Hy praat soos ’n skoolhoof wat met laerskoolkinders praat, behalwe dat ’n laerskoolhoof nie sal vloek voor sy leerlinge nie.”

Vlaminge wat van Jansen se optredes voor ‘n buitelandse gehoor bygewoon het, het voorheen aan Praag gesê gehore was ook geskok deur die man se gebrek aan opvoeding, verwysings na seks met jong vroulike studente en onbeheersde gekruide taal.

Jansen het reeds in sy talle Beeld-opiniestukke sy minderwaardigheid met giftige anti-Afrikaanse en anti-wit ywer verklaar. Dit manifesteer voorts in sy skollie-gedrag en ongeskunstelde maniere.

Studente sê hul rektor se gereelde gebruik van die woorde “fok” en “my God” in die openbaar gee veral aanstoot.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.