Liggame van Maleisiese vliegramp na Nederland

Deel op

Die liggame van die slagoffers van die Maleisiese vliegramp sal vandag per vliegtuig na Nederland geneem word.

Die land, wat 193 burgers verloor het toe die vliegtuig in die Oekraïne afgeskiet is, se vlae sal halfmas hang.

Die Amerikaanse intelligensiegemeenskap het intussen erken dat hulle geen getuienis het dat Rusland direk betrokke is by die vliegtuigramp nie.

Drie senior inligtingsamptenare het die media Dinsdag in Washington op voorwaarde van anonimiteit toegespreek.

Hulle glo dat die vliegtuig per ongeluk deur Russies-gesinde separatiste geteiken is, maar geen nuwe getuienis vir hul jongste “scenario” aangebied nie.

Marie Harf, woordvoerder, sê hulle het nog nie “al die feite nie”.

Die intelligensiebronne het gesê dat hulle oor geen inligting beskik dat Russe teenwoordig was of opleiding verskaf het nie.

‘n Senior amptenaar het gesê die mees waarskynlike verklaring is dat die daders nie die nodige opleiding gehad het om die missielstelsel te kan gebruik nie.

Hulle het bygevoeg dat dit hoogs onwaarskynlik is dat die daders ooit uitgewys sal word.

Die amptenare het geweier om meer besonderhede oor die satelliete en ander gesofistikeerde sensors te gee wat hulle in staat gestel het om die missiel op te spoor.

Russiese amptenare het enkele dae gelede baie spesifieke tegniese data vrygestel in die openbare domein wat tot opheldering van die oorsake kan lei.

Die Amerikaanse inligtingsdiens het nie daarop gereageer nie en herhaal dat hulle YouTube en sosiale media gebruik en afleidings maak om tot hul gevolgtrekking te kom.

Van die beskikbare oopbroninligting is reeds uitgewys as vervalsings deur kenners.

Die twee vlugopnemers van die vliegtuig is intussen aan Nederlandse kundiges oorhandig, wat die ondersoek na die voorval lei.

Dit sal na Farnborough in Brittanje gestuur word waar die gestoorde data afgelaai sal word.

Die hoof van die Nederlandse forensiese span in die Oekraïene sê die trein wat vroeër in Kharkof aangekom het, vervoer 200 liggame van die vliegramp van die Maleisiese Lugdiens asook liggaamsdele.

Dit is minder as die liggame wat deur die selfverdedigingseenhede vermeld is. Vroeër is aangedui dat daar was 282 liggame is.

Die span het in die dorp gesê hulle sal na die ongelukstoneel moet terugkeer vir verdere ondersoek.

Toe die vliegtuig verlede week neergestort het, was daar na bewering 298 mense aan boord. Die meeste was van Nederland.

Die plan is dat die liggame van Kharkof af na die Nederlandse stad Eindhoven gevlieg sal word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.