Skok toe Britse joernalis in kinderslagoffer se tas krap

Deel op

​Die Britse joernalis van Sky News Colin Brazier wat deur ‘n kinderslagoffer van die vliegramp se tas gekrap het, moes om verskoning vra vir sy skokkende gedrag.

Brazier het tydens ‘n regstreekse uitsending in die Oekraïne op die ramptoneel van die MH17-vlug in een van die passasiers, ‘n kind, se tas gegrawe.

Brazier se walglike gedrag het skokgolwe oor sosiale media veroorsaak. Hy is daarvan beskuldig dat hy met die misdaadtoneel peuter en homself aanmatig om met besittings te peuter wat nie sy eie is nie.

“Ek het die naweek ‘n fout gemaak,” het hy Dinsdag in ‘n blog op The Guardian se webwerf gesê. “As ek vir iemand in persoon kon verskoning vra, sou ek. Terwyl ek dit gedoen het, het ek besef ek maak ‘n fout, en op die lug verskoning gevra vir wat ek gedoen het.”

Intussen het selfverdedigingseenhede Dinsdag albei Malaysian Airlines vlug MH17 se vlugopnemers aan Maleisië oorhandig, het ‘n senior regeringsamptenaar gesê.

Khairil Hilmi Mokhtar, leier van Maleisië se spesialisondersoekspan, het bevestig die vlugopnemers is in Donetsk in die Oekraïne aan hom oorhandig en is nou in sy besit.

“Ons gaan hulle eers Nederland toe neem voor dit saam met ons na Maleisië sal terugkeer,” het hy gesê.

Die vlugopnemers is glo in ‘n goeie toestand.

“Maleisie sal dit tydelik veilig hou voor dit aan die regte ondersoekspan oorhandig word.”

Vlug MH17 is Donderdag in die ooste van die Oekraïne vermoedelik afgeskiet. Al 298 passasiers en bemanningslede is dood.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.