Ope brief aan Steve Hofmeyr

Deel op

deur René Kruger, Bethal

Aangesien jy nou so te sê terug op Afrikabodem is en jy terstond die ton mis op jou kop gaan ontvang, is dit seker gepas om ‘n lansie te breek vir Mareli Stolp en Dana Snyman wat op Dagbreek Diskoers hul monde gespoel het oor jy durf waag het om Die Stem te gesing het tesame met 40 000-plus mense.

Eerstens, jy het nie namens “ons” gesing nie. (Jy het namens mý gesing!)

Tweedens, jy het Die Stem gesing omdat jy geweet het dit het ‘n “supernasionale” konnotasie juis omdat daar toeka se tyd ‘n moeilike keuse was tussen God save the king en Die Stem. Die Stem was toe die gekose lied, om skeiding tussen Brit en Afrikaners te bring. Groot sonde! Groter sonde as die konsentrasiekampmoorde en verkragtings op ons vrouens.

Derdens, jy het Die Stem gesing omdat dit ‘n vorm van protes was/is. En jy mag nie nostalgies wees oor Afrikanerkultuur nie. Afrikaners het nie ‘n kultuur om oor trots te wees nie – volgens Mareli Stolp is Afrikanerkultuur ‘n “fantasie” – het jy nie geweet nie?

Afrikaners het mos die swartes se besighede, skole en universiteite kom oorneem.

Vierdens, juis omrede jy durf waag het om Die Stem te gesing het, het ‘n sekere persoon ‘n vreeslike opmerking teenoor tannie Zietsman gemaak en daardie wit persoon nou “alle” Afrikaners verteenwoordig. (Vir seker verteenwoordig hy nie vir my nie.)

So veroorsaak Oom Steve toe in jou afwesigheid een hengse bohaai. Jy weet mos, daardie bohaai wat Oom Kopdoek, Oom Dana, Oom Adriaan, Tannie Mareli, Oom Anton en Tannie Zietsman en kie. na hul penne laat gryp het.

Dít wat jy durf waag het om te sing, is ‘n veel groter sonde as ons pres Zuma en gevolg wat “Kill the Boer” sing. Ek het nêrens gesien of gelees dat enige van ons verlinkse Afrikaners so uitgesproke was oor “Kill the Boer” nie. Dit is vir seker nie polities korrek om enigsins te impliseer dat Afrikaners ongelukkig is in Suid-Afrika nie.  Dit is dan ons eie skuld dat die land is soos hy is. Ons dra die skuld omdat swart mense nie opgelei is nie, ons het dan hul eie skole en infrastruktuur verwoes.

En natuurlik word geen Afrikaner in Suid-Afrika verdruk nie. Jy weet, soos Tannie Mareli gesê het, sy is in die 80s gebore en “ervaar geen verdrukking nie”. Hou in gedagte, Tannie Mareli praat namens alle Afrikaners en haar kinders het almal werk en die res is in gewone ou model C-skole met 25 kinders in die klas.

Is jy regtig bereid om Die Stem te sing voor swart en bruin mense? Is jy nie skaam nie? Jy en die 40 000-plus mense wat saam gesing het? Hoe gaan julle die massas in die oë kyk?

Onthou ook dat Tannie Zietsman 40 000-plus mense, dose genoem het. En een persoon het haar verkragting toegewens. Dit is ‘n vreeslike ding daardie, Oom Steve, verstaan mos die wiskundige som van presentasie en die weegskaal?

Die weegskaal weeg swaarder na die een persoon toe wat Tannie Zietsman so ‘n vreeslike vloek toegewens het, as teenoor haar 40 000-plus doosvloeke.

Die weegskaal hel sommer heeltemal om, omdat jy Die Stem as “struggle song” gesing het.  Malema se “honeymoon is over for the whites” is ‘n mak lammetjie.

Die weegskaal het nie genoeg gewigte om jou swaar genoeg te vind vir die sing van Die Stem as vorm van protes nie, aangesien Die Stem-gesingery nie die land miljarde gekos het soos die Eskom- en Numsa-stakings nie. (Ek wag nog vir Oom Adriaan, Oom Dana en Oom Kopdoek om hul vreeslike onreg daaroor te lug.)

Die weegskaal is glad nie in jou guns omdat jy vir en namens Afrikaners praat nie. Oom Steve sal meer aansien by die verlinkses gekoop het as Oom as ‘n EFF-lid die ANC-struggle songs gesing het.

Onthou Oom Steve die Delmas-optog toe die klein baba en sy oppasser vermoor is? Genade, dit was amper so erg soos die stakende massas wat besighede so plunder en die oumense vermoor.

Waar was die swart, bruin en ander wat saam die debat op Diskoers kon voer? Sou dit nie ‘n groter verteenwoordiging van verontregdes gewees het nie?

Die blanke Afrikaner is sy eie grootste vyand. Geen blanke het mos die reg om sy eie kultuur te besit nie. Daardie demokratiese reg behoort aan die Indiërs en anderskleuriges.  Integrasie en rasvermenging is slegs nodig as jy ‘n blanke Afrikaner is.

Afrikaans is die sondebok. Sou Die Stem in Engels gesing gewees het, het nie ‘n enkele persoon ‘n oog geknip het nie.

Laat ons ons kultuur as Afrikaners uitleef, met nostalgie en verlange. Verlange na die veiligheid van slaap met ‘n oop deur. Verlange na ‘n uitstappie by die Vaalrivier sonder om verkrag en geslag te word. Verlange na die stilhou langs die pad vir ‘n gekookte eier en frikkadel op pad see toe.

Laat ons Die Stem sing, met oorgawe, met liefde, met geloof en met hoop.

Hier is die “debat” op KykNET se Diskoers-program waarin die aanbiedster duidelik kant kies teen Die Stem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.