Die oorlog wat nooit opgehou het nie

Deel op

Die land se infrastruktuur verkeer onder ‘n veel groter bedreiging in 2014 as wat dit in 1984 was, omdat die terroriste se kaders van die rewolusie hetsy moedswillig, hetsy deur growwe nalatigheid, die infrastruktuur bedreig en saboteer.

Deel op

As mens aan terreur dink, dink jy dikwels aan terreur wat teen burgerlike teikens gemik is. Beelde van die Kerkstraatbom, met verminkte liggame, kom dan by jou op. Die lafhartige moord op burgerlikes, soos deur die sogenaamde gewapende vleuel van die ANC-terreurbeweging, MK, gepleeg, was egter slegs een aspek van ‘n terreuraanslag.

delport_manfred_600Die ander aspek van ‘n tipiese terreuroorlog is sabotasie, wat teen infrastruktuur gemik is. Tydens die Rivoniaverhoor was die hoofklagtes teen die oorlede terrorisgôt Mandela en sy trawante dan ook eerder verwant aan die voorneme om sabotasie te pleeg teen infrastruktuur. Die staatsaanklaer, Percy Yutar, het in sy openingsrede beweer dat Mandela en sy mede-terroriste genoeg springstof wou bekom om ‘n stad die grootte van Johannesburg te vernietig. (En vandag aanbid die meeste blankes hierdie einste terroris op klakkelose wyse…)

Soos met sy sogenaamde militêre aanslag, wat bloot burgerlikes kon vermoor, was die onbeholpe MK en Mandela en trawante egter amper komies-oneffektief in hul veldtog om sabotasie teen infrastruktuur te pleeg. Daar was slegs enkele suksesvolle voorvalle van sabotasie in die jare sestig, sewentig en tagtig wat teen infrastruktuur gemik was, en dit was meestal beperk tot die lafhartige plant van landmyne om paaie onrybaar te probeer maak. Nietemin het die vorige regering die sabotasiebedreiging teen infrastruktuur ernstig opgeneem.

Daar is byvoorbeeld spesiale strukture ontwerp om terreur te fnuik. In stede van die gewone elektriese hoogspanningspale, met vier pote, is daar spesiale strukture opgerig wat slegs een, sentrale steunpunt gehad het, met vier kabels aan die grond geanker wat die paal regop gehou het. Die gedagte hieragter was dat dit moeiliker sou wees om só ‘n struktuur met ‘n enkele kleefmyn te vernietig, omdat die kabels vier kleefmyne sou vereis. Daar is ook hoë draadheinings om strategiese punte soos olieraffinaderye opgerig, om RPG7-aanvalle te probeer afweer.

Gelukkig vir ons, en die land se infrastruktuur, het die eweneens-onbeholpe NP-onderhandelaars gekapituleer by Kodesa, en ‘n volskaalse oorlog, ook teen infrastruktuur gemik, afgeweer, nie waar nie? Só vertel die hoofstroommedia ons immers. Deur die sleutels van al wat ‘n kragstasie, dam, reservoir, rioolwerke en infrastruktuur-item is, aan Mandela en sy terroristrawante te oorhandig, is die destydse veldtog van sabotasie stopgesit. Rooi Helen Zille kon selfs onlangs ‘n klammigheid in die oog ontwikkel toe sy met nostalgie terugverwys het na haar sogenaamde held, die aartskommunis Hani, wat die hoof van MK was.

Die werklikheid sedert 1994 is egter radikaal anders as die leuens en propaganda wat deur die media en die NSA-lofprysers aan ons voorgehou word. Waar die terroriste vóór 1994 met die veiligheidsmagte te kampe sou kry as hulle sabotasie wou pleeg, is hulle deur Pienk Frikkie se kapitulasie by Kodesa binnegenooi, en is die spreekwoordelike trop bobbejane op 27 April, 1994 as’t ware in die vrugteboord losgelaat. Die burgeroorlog waaroor ons so gewaarsku is vóór 1994, het nie opgehou nie. Inteendeel; dit onmiddellik in intensiteit toegeneem. Ek praat nie eens van die geweldige toename in moorde en veral plaasmoorde nie, maar eerder van die sabotasie-oorlog wat teen infrastruktuur gemik is.

Vanoggend word ons byvoorbeeld weer eens wakker met die nuus dat bobbejane vir die tweede keer op die vrugteboord se elektriese substasie in Centurion losgelaat is. In wat slegs beskryf kan word as beplande terreur, het sogenaamde kabeldiewe (eintlik saboteurs) vir die tweede keer in ‘n maand gesorg dat groot dele van Centurion in die donker wakker moes word. Ek kan my egter nie aan een voorval tydens die diepste, donkerste dae van die 1980’s herinner, waar daar in my buurt kragonderbrekings agv sabotasie was nie. Nie net saboteer hulle substasies nie, maar ook het die trop Eskom se vrugteboord kaalgesteel. In die jare tagtig het Eskom ‘n oormaat elektrisiteit opgewek. Sedert 2007 kreun Eskom egter agv moedswillige wanbestuur en sabotasie, en is sogenaamde beurtkrag ‘n werklikheid wat kort-kort dreig.

Tydens die 1980s is daar gevrees dat saboteurs die drinkwater in waterreservoirs sou vergiftig, maar niks het daarvan gekom nie. In 2014 sterf mense egter agv besmette drinkwater in die Wes-Transvaal. Die kaders van die onvoltooide rewolusie se onbeholpenheid, of kwaadwilligheid, het die drinkwater in Wolmaransstad en Bloemhof gesaboteer.

Daar was enkele landmyn-voorvalle in die 1980’s, meestal teen die grense van die buurlande, wat enkele paaie ontoeganklik gemaak het. In 1994 is die groot meerderheid van die land se paaie, en omtrent alle paaie in landelike gebiede, totaal onrybaar as gevolg van miljoene slaggate, die gevolg van ‘n kwaadwillige afskepery wat slegs as moedswillige sabotasie beskryf kan word. Die saboteurs is maklik identifiseerbaar: Dit is die kaders wat met ‘n Graad 6-kwalifikasie in ingenieursposte aangestel word.

Die land se infrastruktuur verkeer, kortom, onder ‘n veel groter bedreiging in 2014 as wat dit in 1984 was, omdat die terroriste se kaders van die rewolusie hetsy moedswillig, hetsy deur growwe nalatigheid, die infrastruktuur bedreig en saboteer.

Die oorlog het nie in 1994 opgehou nie. Dit het eintlik toe eers begin.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.