Hospitaal se water besmet

Deel op

‘n Saak van poging tot moord is geopen nadat die Jane Furse-hospitaal in Limpopo se water besmet is.

Die hospitaal is Maandag heropen nadat dit vir drie dae gesluit was, het die provinsiale gesondheidsdepartement gesê.

“Ons het weer die hospitaalbedrywighede hervat en die pasiënte is terug,” het Macks Lesufi, woordvoerder, gesê.

Vrydagoggend is 72 pasiënte uit die hospitaal ontruim nadat die hospitaal ontdek het dat daar diesel in die watervoorraad is.

“Ons het die reservoir gekontak. Vandag [Maandag] kry ons weer pasiënte in.”

Hy het gesê dit is nog nie seker wat tot die besmetting gelei het nie, maar die saak is aan die polisie oorhandig.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ‘n saak van poging tot moord ondersoek word. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.