Christelike vrywilligers sterf nadat Israel offensief verskerp

Deel op

Van die dertien “Israelse soldate” wat Sondag dood is in Gasa, is glo Amerikaanse Christelike vrywilligers wat aan die kant van die Jode veg.

Die internasionale gemeenskap het Israel veroordeel vir die disproporsionele geweld wat die land teen die Palestynse minderheid monster en wêreldwyd het duisende mense Sondag teen die aggressie betoog.

Die dodetal het dramaties gestyg in Israel se vergeldingsaanvalle teen die Palestyne wat twee weke gelede begin het, nadat Israel hul offensief uitgebrei het.

‘n Humanitêre skietstilstand-ooreenkoms tussen Israel en Hamas wat nooddienste tot die dooies en gewondes toegelaat het, het slegs ‘n uur gehou voordat Israel gevegte hervat het.

Die Palestynse dodetal staan nou op byna vyfhonderd meestal burgerlikes waaronder ook kinders. Daar is in totaal 18 Israelse soldate dood.

Volgens berigte is 34 Palestyne vroeg Maandagoggend in die Gasa-strook dood. Sondag het minstens 99 Palestyne in aanvalle in die gebied omgekom.

Meer as 60 van die sterftes was in die Shejaiya-distrik, waar sowat 250 Palestyne ook gewond is.

Inwoners van Israel word deur Iron Dome beskerm teen vuurpylaanvalle. Talle het die bombardement juigend vanaf ‘n hoogte gevolg waar hulle aan buitelandse verslaggewers gesê het hulle hoop dat die Palestyne heeltemal uitgedelg word.

Van simpatie of medelye met die Palestynese kinderslagoffers is daar min sprake .

Die Deense joernalis Allan Sørensen het enkele dae gelede fototwiets uit Sderot gestuur van Israeli’s wat die bommereën vanaf ‘n heuwel toejuig terwyl hulle springmielies eet.

Gesondheidswerkers sê meer as die helfte van die kinders in Sderot ly aan post-traumatiese stresversteuring.

Harriet Sherwood van die Guardian het berig egter dat daar nie tekens van “vreesbevange” Israelse inwoners is nie, ten spyte van berigte dat “die hele land in vrees lewe” vir vuurpylaanvalle van Hamas.

Die CNN verslaggewer Diana Magnay, het later getwiet dat die skare “dreig om haar motor te vernietig” as sy verder berig oor die oorlogstoeriste se barbaarse optrede en tierende bloedlus.

Sy het daarna na haar intimideerders as “skuim” verwys, maar moes inderhaas die twiet verwyder weens druk van haar werkgewer. Magnay is dieselfde dag uit haar pos in Israel teruggeroep.

Westerse korrespondente, waaronder Ayman Mohyeldin van die Amerikaanse NBC en France 24 se korrespondent Gallagher Fenwick, asook verskeie ander joernaliste, was ooggetuies van die gru-aanval op vier Palestynse kinders, almal onder 10, Woensdag op ‘n strand.

Die kinders se ouers is almal lede van Fatah, die gematigde Palestynse party en mededinger van Hamas.

Mohyeldin se verslag het wêreldwyd opslae gemaak, maar sy base by NBC het hom dadelik teruggeroep en ‘n Engelssprekende joernalis met geen ervaring van die konflik en wat geen Arabies verstaan nie, in sy plek aangestel.

Die Veiligheidsraad van die VN het ‘n oproep om ‘n onmiddellike skietstaking in die Gasa-strook gedoen ná ‘n noodvergadering Sondagnag oor die stygende sterftesyfer in die gebied.

Jordanië het die noodvergadering versoek. Ban Ki Moon het na die Midde-Ooste gereis om die met die bemiddelling vir ‘n skietstaking te help.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.