Vlug MH17, cui bono?

Die dood van 300 onskuldige mense in die Oekraïne is vir Beeld se propagandaskrywer Leopold Scholtz soos ’n “beskeie lenteblom as voorbode van ’n beter toekoms”, sy gekose scenario.

Dié bemesting – letterlik – wat hy kwytraak, klink baie soos daardie 30 000 plaasmoorde waarmee Afrikaners se “wit skuld” betaal moet word, om, soos dit lui… to ensure we are moving forward. Dit is ysingwekkend dat sulke naakte vooroordele uitgespreek word oor oorwegend wit Nederlandse slagoffers.

Scholtz se uiteensetting lyk min of meer só: Die byna 300 passasiers is opgeoffer vir “vrede” want die Russe is verantwoordelik vir die afskiet van vlug MH17 omdat separatiste “inkriminerende” twiets uitgevee het na hulle “per ongeluk” ‘n straler afgeskiet het.

Kennelik skryf hy nie vir denkende mense nie. Daar is heelwat inligting beskikbaar op die internet, maar nog geen amptelike ondersoek is geloods nie. Die haas waarmee Scholtz dus tot sy gevolgtrekkings kom om “scenario’s” te skilder, berus klaarblyklik op sy base se eng voorkeure en kan beter vir aartappelskille aangewend word.

Soos iemand op Praag opgemerk het, kyk die wêreld tans in onmag toe hoe die aktiewe fase van die energiestryd tussen die magtige multikulturele VSA teen die res aanbreek. Die beskerming wat NAVO aan Europa sou bied, is nou die instrument van globale destabilisering, koue massamoord en doodslag.

Natuurlik kontekstualiseer Scholtz nie die vliegramp nie, want teen die agtergrond van wat ons reeds weet en wat beslis nie meer spekulasie is nie, is dit duidelik dat die VSA hulleself diep bemoei met die Oekraïne.

Victoria Nuland se aandeel in die beplanning van die putsch is maar een voorbeeld. Nadat sy voorheen die wens uitgespreek het dat “Jats”, oftewel Arsenjie Jatsenjoek, verkies word tot leier in die Oekraïne, is hy kort daarna aangewys. Die Amerikaanse owerhede het ook dadelik geweet dat die vliegtuig tussen Amsterdam en Koeala Loempoer afgeskiet is omdat hulle die lugafweermissiel op hulle radar gevolg het, volgens CNN.

Alles dui daarop dat separatiste in die Oos-Oekraïne nie die Boeing 777 doelbewus neergeskiet het nie. Dit sou hulle saak vir onafhanklikheid belemmer.

Hulle word deur baie goeie bronne soos onder meer Jane’s Defence ondersteun wat sê hulle het nie die ondervinding om sulke lugafweerstelsels te beman nie. Beeld se Goebbels, alom bekend vir sy growwe manipulasies, is egter te versigtig om te spekuleer dat die separatiste opsetlik mislei is, of om te wonder cui bono?

Praag se bronne in Oos-Oekraïne het Jane’s se mening bevestig. Van die Kosakke wat onafhanklikheid van Kiëf vra, sê hulle het geen opleiding vir sulke stelsels nie. Dit versterk die vermoede verder dat die separatiste mislei kon word om die straler af te skiet.

Dieselfde bronne het ook aan Praag gesê dat geen siel in die Oos-Oekraïne dit betwyfel dat Obama die ongeluk gereël het nie.

Die separatiste het in Mei ’n Buk-lugafweerstelsel gebuit omdat hulle eie regering lugaanvalle teen burgerlikes begin loods het, maar die lanseerder is nutteloos sonder radar. En die radar word deur Kiëf, onder NAVO-beheer, beman. Indien die pro-Russiese rebelle dus die straler afgeskiet het, kon dit slegs mbv van radar gewees het wat die Amerikaners en hul kohorte in Kiëf aandadig maak.

‘n Rebelleleier, ene Igor Strelkof, het homself glo volgens pro-Amerikaanse mediabronne “weggegee” nadat hy getwiet het dat ‘n “Antonof-26” neergeskiet is. Net soos in Gasa, Irak, Sirië en Libië is dit duidelik dat die Amerikaanse sug na oorlog eskaleer, want lugaanvalle, buitelandse huursoldate en wapens wat instroom na konflikgebiede word daagliks in hul eie media gerapporteer.

Die New York Times, kwalik ‘n bastion van “regses”, het ‘n baie goeie analise geplaas wat aandui hoe die VSA en Israel die verskoning om Gasa aan te val, self vervaardig het, maar probeer voorgee dat hulle slagoffers daarvan is.

Die Antonof-26 waarvan hier gepraat word, is ’n vragvliegtuig waarvan die Oekraïense lugmag verskeie het, en waarmee hulle inwoners in die ooste van die land terroriseer.

Scholtz se “scenario” waarin hy die beskuldigende vinger na Rusland wys, klink dus hoogs onwaarskynlik, gevul met baie rou emosie en min feite wat Poetin onder meer as ‘n “ideologiese Russiese nasionalis” uitkryt.

Dit laat gelukkig niemand in die duister oor Leopold se mengkultusaffiliasie en bewondering vir anglofiele skobbejakke nie. ‘n “Nasionalis” is vir Prawda24 net so erg soos ‘n “rassis” of ‘n Potchefstroomse “Nazi” en mag sonder meer besteel, gemartel en vermoor word.

Internasionaliste wat halfpad om die wêreld op skuld reis om onskuldige mense te gaan teister, is Poldi se soort helde. Nasionaliste “vra” trouens daarvoor soos sy sielsgenoot, Elzabé Zietsman, ons arme bokse herinner het.

Die eintlike vraag om te vra is waarom die pro-Amerikaanse regime in Kiëf lugafweermissiele ontplooi teen separatiste wat oor geen vliegtuie beskik nie? Wat wou hulle dan eintlik afskiet? Nog ‘n tergende vraag is waarom die VSA en hul bondgenote soos Australië geweet het hulle moes dié lugruim vermy? Qantas, die Australiese lugredery, het reeds maande gelede hul vlugroetes verander om nie oor daardie gebied te vlieg nie.

Die heel vreemdste kwessie bly dat die statistiese waarskynlikheid dat twee vliegtuie van Maleisië binne enkele maande geteiken word, eintlik geen geloofwaardige waarskynlikheid is nie aangesien dit uiters gering is.

Beeld se ideologiese dwerg moet sy basiese wiskunde opknap as hy homself vir ‘n internasionale krygskundige wil uitgee.

Hy lyk deesdae eerder kompleet soos ‘n ineengekrimpte Angie Motshekga-produk. Sy base moet ‘n aanstelling oorweeg wat ten minste tot by tien kan tel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.