Dronk, antiblanke regter ontvang steeds salaris al werk hy nie

Die dronk regter Nkola Motata ontvang reeds sewe jaar lank sy volle salaris al werk hy nie. Motata is sedert 2007 met spesiale verlof toe hy vir die eerste keer van dronkbestuur aangekla is.

Tydens sy inhegtenisname het Motata aan die polisie gesê: “Geen Boer gaan my ondermyn nie. Hierdie was eers ‘n witmansland, maar dit is nie meer nie.” Hy het ook aan die polisie gesê om nie ‘n witman, in wie se huis hy vasgery het, te “ondersteun” nie.

Die hoofregter wat deur president Zuma aangestel is, Mogoeng Mogoeng, het vandeesweek bevestig dat Motata steeds in die staat se diens is en maandeliks sy salaris ontvang al is hy nie naby die regbank nie.

Nkola Motata tydens een van sy hofverskynings
Nkola Motata tydens een van sy hofverskynings

Regter Nkola Motata het in Januarie 2007 met sy Jaguar in die muur van sakeman Richard Baird se huis in Johannesburg vasgery terwyl hy onder die invloed van alkohol was. Die regter is in 2009 aan dronkbestuur skuldig bevind, maar het sedertdien gepoog om teen die bevinding te appelleer. In 2010 is hy toestemming tot appèl geweier.

Vanweë sy opmerkings aan die polisie oor blankes en dat hulle nie ‘n blanke man moet ondersteun nie, is ‘n klag van haatspraak teen Motata by die regterlike gedragstribunaal aanhangig gemaak. Die tribunaal sou intussen die klag ondersoek.

Die ondersoek is egter in Februarie vanjaar uitgestel omdat Motata die wetgewing wat die tribunaal daarstel, bevraagteken.

Intussen ontvang Motata sy volle regtersalaris van ongeveer twee miljoen rand per jaar. Dus het die dronk regter wat nie meer werk nie die staat oor die afgelope 7 jaar ongeveer R14 miljoen gekos. Dit sluit nie die fondse in wat die staat moet aanwend om die regter se aansoeke in die howe teen te staan nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.