Reserwebank stoot repokoers op

Deel op

Die Reserwebank het die repokoers met ‘n kwart van ‘n persentasiepunt verhoog.

Gill Marcus, die president van die Reserwebank het die koers tot 5,75 persent opgeskuif.

Sy het inflasie as rede vir die verhoging aangevoer. Die hoër koers beteken dat banke hulle prima uitleenkoers tot 9,25 persent sal verhoog.

Marcus sê die swak rand en uitgerekte stakings hou ‘n risiko vir inflasie-vooruitsigte in. Sy het bygevoeg dat die land vanjaar na verwagting swakker ekonomiese groei sal toon.

Sy sê vooruitsigte vir ontluikende markte, insluitende Suid-Afrika, Rusland en Brasilië bly steeds onder druk.

Marcus sê ondanks die slegte vooruitsigte, het verbruikersvertroue verbasend genoeg verstewig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.