Meeste passsiers van SAL turbulensie-vlug ontslaan

Deel op

Een van 20 passasiers, insluitende ‘n baba, wat Woensdag beseer is op ‘n SAL-vlug tussen Johannesburg en Hong Kong, sê dit was vreesaanjaend.

Ewald Sadie beskryf op Facebook hoe ” verskeie mense ‘n paar ernstige rugbeserings” opgedoen het en in die hospitaal opgeneem moes word.

Die mense was aan boord vlug SA-286 toe die voorval plaasgevind het. Van die 165 mense aan boord is minstens 17 passasiers en drie bemanningslede beseer.

Die voorval het vyf uur van Hong Kong plaasgevind in die lug toe die vlug ernstige turbulensie ondervind het. Ambulanse en mediese personeel was daar toe die vliegtuig geland het.

Binnepanele op die vliegtuig sal ook herstel moet word, het ‘n woordvoerder van SAL gesê.

Sulke ernstige woelinge is glo skaars en is nie iets wat opgetel word op die radar nie.

Weerradar wys vog, terwyl onstuimigheid veroorsaak word deur die wind.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens sê dit is nog nie duidelik wanneer die passasiers en bemanning wat beseer is tydens hewige turbulensie na Suid-Afrika sal terugkeer nie.

Die redery sê 18 van die 20 beseerdes, is reeds uit ‘n hospitaal in Hong Kong ontslaan.

Die voorval het in die lugruim bo Maleisië plaasgevind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.