Dood van vier kinders lei tot skietstilstand in Gasa

Deel op

Israel en Hamas het ‘n skietstilstand van vyf uur aangekondig nadat vier kinders op ‘n strand in ‘n Israelse lugaanval dood is, het eNCA Donderdag berig.

Die VN het dié versoek gerig in ‘n poging om ‘n langtermyn oplossing vir Israel se aggressie teen Palestynse burgerlikes te vind.

Daar is ooreengekom dat alle spervuur van 10:00 tot tot 15:00 gestaak sal word. Israel berei glo vir ‘n grondaanval voor teen die inwoners van Gasa wat die dodetal aansienlik sal verhoog.

Israel se onwettige militêre operasie teen Hamas het Donderdag sy tiende dag bereik.

Daar het reeds 224 Palestynse inwoners gesneuwel waarvan 80% burgerlikes is.

Sedert 2009, het Israel drie groot aanvalle in die Gasagebied onderneem, wat tot ‘n groot aantal sterftes en beserings gelei het, meestal van burgerlikes.

Na elke aanval het Israel sy eie militêre “ondersoek” onderneem na die dood van slagoffers.

Hulle het hulself ook elke keer vrygespreek van die slagting van burgerlikes en vernietiging van Gasa se hulpbronne, geboue, huise en kritieke infrastruktuur.

Die ontoereikendheid van hierdie “ondersoeke” word skerp deur die internasionale gemeenskap veroordeel.

Die Verenigde Nasies, Amnestie Internationaal, die Israeliese organisasie B’Tselem en talle ander menseregtegroepe wys op die algehele gebrek aan onafhanklikheid of deursigtigheid.

Onder die internasionale reg, is state verplig om ‘n geloofwaardige ondersoek in te stel en daarna vergoeding aan die slagoffers van oorlogmisdade aan te bied.

In 2013 het Amnestie Internasionaal gesê dat die slagoffers en menseregteorganisasies geen insae in die ondersoeke gegun word nie.

In November 2012, is 165 Palestyne gedood waarvan 35 persent onder die ouderdom van agtien, terwyl niemand in die Israelse weermag ondersoek of vervolg is nie.

Die vorige militêre ondersoek het geeneen aanspreeklik gehou vir die aanvalle op twee hospitale, vier klinieke en 10 lede van een gesin waaronder vier kinders tussen die ouderdomme van een en sewe nie.

In 2005, het die Israeliese eerste minister Ariel Sharon besluit om te onttrek van Gasa. Sharon, skepties oor Palestynse onafhanklikheid, het tot die gevolgtrekking gekom dat die Israeliese besetting nie in Israel se belang is nie.

Sharon het die Israeliese buiteposte ontruim en 10000 setlaars teruggebring. Dit was ‘n uiters omstrede skuif in Israel.

Die huidige Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het destyds uit die regering bedank uit protes.

Ontleders meen Sharon is vergiftig vir die stappe wat hy geneem het om vrede te bewerkstellig.

Egipte beheer die enigste ander toegang tot Gasa, benewens Israel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.