Britse pedofiele aangekeer onder wolk van toesmeerdery

Deel op

Die Britse polisie het 660 vermeende pedofiele in hegtenis geneem na maande se ondersoeke.

Brittanje het die afgelope twee jaar gebuk gegaan onder ‘n aantal skokkende pedofiel-skandale.

Die onthullings oor die oorlede BBC-televisieaanbieder en reeksverkragter Jimmy Savile – ‘n hegte vriend van prins Charles wat ‘n ridderskaptoekenning van die koningin ontvang het – het die eiland veral geruk.

Die ondersoeke volg nadat ‘n Britse kind, Madeleine McCann, volgens Portugese bronne deur ‘n Britse pedofielring vermoor is. Daar word vermoed dat hoëlui by die moord betrokke is en dat Savile se geval gebruik is om die verdwyning van die dogtertjie toe te smeer.

Intussen het 114 dossiere ivm met oortreders wat politieke poste in Brittanje beklee, glo weggeraak, wat verder op ‘n toesmeerdery dui.

Baroness Butler Sloss het onder ‘n wolk van agterdog uitgetree as hoof van die Britse regering se ondersoek wat kyk na die verslae van minstens 20 senior figure wat kinders oor dekades misbruik het.

Butler Sloss, 80, was onder druk omdat haar oorlede broer Sir Michael Havers, as Prokureur-generaal in die 1980’s berug geraak het daarvoor dat hy die ondersoeke oor kindermisbruik destyds telkens gekelder het.

Die jongste oortreders sluit dokters, onderwysers en hulpwerkers in. Die operasie het ses maande geduur en mense geteiken wat onwelvoeglikhede aanlyn besigtig, het die Nasionale Misdaadagentskap Woensdag gesê.

Die operasie het ook gelei tot die beveiliging van 400 kinders. Die oortreders sal aangekla word van ’n reeks oortredings, insluitende die besit van onwelvoeglike foto’s van kinders en ernstige seksuele aanranding.

Meer as 45 polisie-eenhede uit Engeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland was by die operasie betrokke.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.