BRICS byeen vir oprigting van ontwikkelingsbank

Deel op

Die BRICS-leiers sal Dinsdag vergader om stappe te bespreek vir die oprigting van ‘n nuwe ontwikkelingsbank asook ‘n reserwefonds.

BRICS sluit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika in. Leiers vergader in Fortaleza in Brasilië vir die sesde keer om die negatiewe inloed van Westerse banke op die globale ekonomie te bespreek.

Die beplande bank en reserwefonds word as teenvoeter vir die Westerse finansiële instellings beoog.

Dit is nog nie seker in watter land die bank gesetel sal word nie. Beide Shanghai in China en Johannesburg is sterk kandidate.

Dié beraad kom te midde van verswakkende ekonomiese toestande in die VSA en druk op die dollar as reserwe-eenheid.

Die Brasiliaanse direkteur van BRIClab, Marcos Troyjo sê die bank sal ondersteuning aan BRICS-lande bied.

Die bank sal ‘n aanvanklike kapitaal van 50 miljard dollar hê, terwyl die lede 100 miljard dollar vir die reserwefonds beskikbaar sal stel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.