Afrikaans moet sy eie name behou en ontwikkel

Deel op

ImageNet gister ontvang ek 'n skrywe van die komitee op Louis Trichardt wat steeds 'n stryd moet voer om die naam van dié dorp behoue te laat bly, ondanks 'n Appèlhofuitspraak in hul guns verlede jaar. Feit is dat die ANC hom eenvoudig nie aan hofuitsprake steur nie en op allerlei onbekookte maniere is die party op Louis Trichardt steeds besig om die dorp se naam te probeer verander. Ook die SAUK gebruik dikwels verkeerdelik die term "Makhado" terwyl Louis Trichardt bedoel word.

Deel op

Ons kort egter 'n nuwe benadering teenoor die aanhoudende naamsveranderings wat die land teister. Terwyl anderstaliges welkom is om hulself belaglik te maak deur die gebruik van allerlei vergesogte name wat deur ANC-munisipale diktatortjies afgekondig word, verwerp die Afrikaner en alle Afrikaanssprekendes sulke name met minagting. Ons moet aanhou om ons eie name te gebruik.

Die name van sentralistiese munisipaliteite veroorsaak 'n effense probleem wat egter prakties opgelos kan word. Hier op Praag  volg ons reeds enkele weke lank die gebruik om waar daar na metro's soos Ekurhuleni, Etekhwini en ander verwys word, die naam van die metro deurentyd met 'n Afrikaanse naam gekwalifiseer word. Die gebruik sou dus wees om te verwys na "die Ekurhuleni-metro aan die Oosrand" of "die Tshwane-metro in die Pretoriagebied".

Praag is nie in beginsel gekant teen naamsveranderings nie; inteendeel. Ons voel dat ANC-name so gou moontlik terug verander behoort te word. Ook Britse koloniale name behoort na Afrikaanse name verander te word. In samewerking met die Akademie se Taalkomitee, wil ons die moontlikheid ondersoek om geensins meer name soos "Port Elizabeth" of "Oos-Londen" in Afrikaans te gebruik nie, maar eerder egte Afrikaanse name in die plek daarvan in te voer. In die geval van Oos-Londen, kan 'n ander naam bedink word. Ook voorstede in Afrikaanse gebiede met Engelse name soos Waverley in Bloemfontein of Lynnwood in Pretoria behoort aan naamsveranderinge onderwerp te word ten einde inheemse Afrikaanse name vir sulke voorstede te vind. Straatname van Britse afkoms behoort sover moontlik na Afrikaanse name verander te word.

Verset teen naamsveranderings, soos dié van Potchefstroom of dorpe in die Noord-Transvaal, behoort volgehou te word. Die ANC-bewind is besig om die volkereg te oortree deur Afrikaanse name te probeer uitwis. Onlangs het ek 'n afspraak met die Menseregtekommissie in Johannesburg gehad en is besig om 'n klag oor naamsveranderings te formuleer wat via die Menseregtekommissie heel moontlik by die Grondwethof mag beland. Ons het geen vertroue in die Menseregtekommissie nie, maar terselfdertyd wil ons dit as meganisme gebruik om die saak tot in die Grondwethof op die staat se onkoste te voer, Indien Jacob Zuma R55 miljoen aan regshulp van die staat kan ontvang of McBride aan die Oosrand R6 miljoen, waarom moet Afrikaners self regskostes aangaan om hul kultuur teen die Afro-rassistiese aanslag van die ANC te verdedig?

Ons behoort ook klagtes aangaande naamsveranderings en die verdrukking van die Afrikaanse kultuur by die VN aanhangig te maak. Die ANC-bewind oortree feitlik elke internasionale konvensie wat nog ooit deur Suid-Afrika onderteken is. Wat tel, is nie om onmiddellik sukses te behaal nie, maar om ons verset internasionaal rugbaar te maak en ons mense te mobiliseer om teen verdrukking op te staan. Die haatlike naamsveranderings is vir die Afrikaner 'n klap in die gesig en kan net ons weersin in hierdie hele rassistiese bestel wat meer en meer Mugabeïsties voorkom, verhoog.

игрушки украинапрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.