Nadat RSG jare lank plaasmoorde en plaasaanvalle doodgeswyg het, het die geweldige toename in wat alleen as ‘n georganiseerde volksuitwissing beskryf kan word, waarskynlik die openbare uitsaaier genoop om wel daaroor te berig.
Wat egter opval, is dat die berigte klaarblyklik opsetlik verkeerde inligting bevat.
In ‘n vorige berig is ‘n boer wat geskiet is van Groblersdal in Limpopo “Greenen” genoem oor RSG, terwyl hy eintlik “Van Greunen” heet.
In die jongste wrede moord op Jan de Kock van Petrus Steyn, word die berig opsetlik misleidend aangebied sodat dit klink asof die boer se lyk ver van sy plaas in sy bakkie in Vereeniging aangetref is. Vergelyk dit met die berig uit die Volksblad.
Hier volg die vreemde RSG-berig:
Die Vrystaatse polisie is op soek na drie verdagtes in verband met die dood van ‘n 70-jarige boer in die Petrus Steyn-omgewing. Jan de Kok is op sy plaas, Grootwage vermoor. Sy liggaam is gevind nadat sy bakkie in Vereeniging in Gauteng langs die pad gekry is. Vuurwapens en selfone word uit sy huis vermis. ‘n Saak van moord is geopen en die polisie het ‘n beroep op die publiek gedoen om na vore te kom met enige inligting wat met die ondersoek kan help.
Dit blyk dat die polisie wel gaan ondersoek instel het op die plaas nadat die voertuig gevind is en die verlate toestand met geen teken van lewe nie, daarna as “normaal” beskryf het.
Dit versterk die vermoede dat die georganiseerde aanvalle op wit grondeienaars nie deur misdaad gedryf word nie en nie opgelos sal word deur meer hulpbronne aan die polisie beskikbaar te stel nie.
As die openbare uitsaaier doelbewus inligting verkeerd aanbied in Afrikaans, is dit duidelik dat plaasmoorde ideologies gedryf word.
Praag doen dus ‘n beroep op Afrikaanse joernaliste om hulself te distansieer van RSG se ideologiese projek as hulle nie self mededpligting daaraan wil wees nie.