Boer van Petrus Steyn doodgemartel

Deel op

‘n Boer van die plaas Groot Waag by Petrus Steyn, Jan de Kock (69) is vermoor toe swart plaasaanvallers hom oorval het terwyl hy in die veld na beeste gesoek het.

Sy lyk is met binddraad aan sy vierwielmotorfiets vasgemaak, het die Volksblad berig.

Sy vrou, Marietjie (67), is nie beseer tydens die aanval nie, maar geweldig geskok.

Die egpaar se honde is enkele dae tevore gedurende ‘n inbraak vergiftig. Die egpaar was toe nie tuis nie.

De Kock se Ford Ranger-dubbelkajuitbakkie, met die sleutels daarin, is verlate deur die polisie in Vereeniging gekry.

Nadat die bakkie opgespoor is, is die polisie glo na die plaas waar hulle waarskynlik gedink het die twee wit eienaars is reeds dood. Niks is aangemeld nie en die toneel op die werf was glo “normaal”.

‘n Buurman het daarna ‘n oproep van ‘n polisiebeampte gekry wat bevestig het dat dit wel De Kock se bakkie is wat gekry is. Hy en ‘n ander buurman het na hulle na die plaas gehaas.

Die boer is vermoor in die skuur aangetref nadat hulle sy vrou in badkamer vasgebind gekry het. Hy is waarskynlik doodgemartel.

Vuurwapens en selfone is gebuit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.