Wat is ‘n universiteit?

Vanoggend lees ek uit verveeldheid ‘n rubriek in Rapport van Jacob Rooi met die openingswoorde:

“Hoe verander ’n voormalige wit, Afrikaanse universiteit sy kultuur op só ’n manier dat almal welkom voel? Dit was een van die ontslape prof. Russel Botman se grootste uitdagings, skryf Jacob Rooi”

Onwillekeurig kom die volgende gedagte by my op: Wat is ‘n universiteit? Is dit nie ‘n hoëropleidingsinrigting nie? Soos dit nou hier verwoord word in Jacob Rooi se rubriek klink dit eerder na ‘n sosiale instansie waar mense gelukkig gehou moet word, sonder enige verwysing na die akademiese aspek van die inrigting, dus moet daar afgelei word dat akademie maar baie laag op die prioriteitslys van sowel die ontslape Botman as Jacob Rooi se interperasie van die funksie van ‘n universteit is.

Daar kan ook aan mnr Jacob Rooi gevra word: Is dit nie brutaal dislojaal teenoor julle eie Kleurlingmense wie se voertaal hoofsaaklik Afrikaans is om die voertaal te verander na Engels, gesien in die lig dat daar in dieselfde Wes-Kaapgebied alreeds twee Engelse universiteite is nie?

Mnr Jacob Rooi, ‘n universiteit is nie ‘n sosiale bymekaarkomplek om gepamperlang te word nie, dit is ‘n opleidinginstansie om mense toe te rus vir hulle eie en hulle land se toekoms.

Engels is en was nog nooit ‘n eerste taal in die geskiedenis van Suid-Afrika nie nie by blanke, kleurling- of swartmense nie.

Daar kan dus met reg gevra word: is daar ‘n verskuilde agenda agter hierdie verengelsing van Afrikaanse universiteite? Die redes wat u aanvoer hou nie water nie!

– Joop du Randt

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.