Nuwe SAUK-hoof wil ‘lisensies’ vir joernaliste sien

Deel op

Die nuwe bedryfshoof van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, gaan volgens die koerant The New Age formeel vir Kommunikasieminister Faith Muthambi vra dat joernaliste voortaan lisensies sal moet hê om te mag skryf.

“Ons gaan sulke voorleggings doen. Ek is verbaas dat die SA nasionale redakteursforum dit kan teenstaan. Dit beteken dat hulle nie hul werk behoorlik doen nie,” sê Motsoeneng.Volgens die koerant het hy reeds ‘n plan opgestel en is bloot besig om dit verfyn alvorens dit aan Muthambi voorgelê word.

Motsoeneng het voorheen aangedui dat joernaliste ‘n lisensie soos dié in die mediese en regsberoepe behoort te hê om te mag praktiseer.
Joernaliste wat dan “onprofessioneel” optree, se lisensies sal weggeneem word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.