EFF probeer ontwikkelingsplan in Mamelodi kaap met onrus

Deel op

Oproer het Donderdag by Stoffel Park in Mamelodi-Oos uitgebreek.

Die swart gebied lyk soos ‘n oorlogsone.

Die oproer word deur die EFF gereël sê ‘n ANC-raadslid want daar is ‘n ontwikkelingsplan vir die lokasie en dit is deeglik gekommunikeer aan die inwoners.

Die ANC sê die EFF wil soos die helde lyk as die ontwikkeling voltooi is om politieke punte daaruit aan te teken.

“Hulle wil soos helde lyk wanneer die ontwikkeling van die gebied voltooi is. Hulle wil lyk asof hulle die mense is wat gemaak dat die ontwikkeling gebeur.”

Solomon Mahlangu-rylaan en Tsamayaweg is versper met klippe, rommel en takke soos die inwoners amok gemaak het in die strate.

Taxi’s, busse en algemene verkeer kon nie die gebied verlaat of binnekom Donderdagoggend nie.

Die meeste werkers kon ook nie die lokasie verlaat nie. Selfs die winkelsentrum is gesluit vir besigheid omdat handelaars vrees vir moontlike vandalisme en plundering.

Die EFF-opstokers het vroeg vanoggend om 1 uur ‘n klok gelui sodat die oproeriges die strate kon gaan versper.

Teen dagbreek, was al die vernaamste toegangsroetes na Mamelodi-Oos afgesluit.

Daar is ‘n groot polisie-kontingent in die gebied.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.