AgangSA het R30 miljoen se kontantskenkings gehad

Deel op

Die voormalige leier van AgangSA, Mamphela Ramphele, het R30 miljoen in kontantskenkings ontvang om die party te begin, sê ‘n woordvoerder.

“Mamphela Ramphele het ‘n enorme bedrag ingesamel nadat sy die lengte en breedte van Suid-Afrika deurgereis het om steun vir ‘n nuwe party te kry, en sowat R30 miljoen in kontantskenkings suiwer gebaseer op haar eie goeie naam ontvang,” sê uitgaande woordvoerder Philip Machanik.

Machanik tree uit en sal aan Jock McConnachie sy pos oorhandig.

Dinsdag het Mampie-Rampie aangekondig dat sy besluit het om partypolitiek te verlaat om te fokus op “werk in die burgerlike samelewing”.

Die party is diep in die skuld met onbetaalde salarisse en krediteure, sê Machanik.

“Die party is diep in die skuld, en hulle hou vol met hul vernietiging van die party se grootste bate.”

AgangSA het 52350 stemme, 0,28 persent van die 18654771 stemme gekry wat aan hulle twee setels in die Parlement besorg het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.