Obama mag binnekort sy visepresidentskandidaat aankondig

Deel op

Senator Barack Obama mag so vroeg as vandag sy keuse vir 'n visepresidentskandidaat aankondig.

Deel op
Oor die afgelope paar dae het Obama veral op drie kandidate gefokus: senator Evan Bayh van Indiana, goewerneur Tim Kaine van Virginië en senator Joseph Biden Jr. van Delaware.

Sekere Demokrate sê hulle hoop nog dat hy senator Hillary Rodham Clinton van New York of goewerneur Kathleen Sibelius van Kansas sal kies.

Alle aanduidings is egter dat Obama waarskynlik iemand gaan kies wat betreklik veilig is.

'n Soortgelyke strategiese keuse wat op die Republikeinse senator John McCain wat onder druk van sy ondesteuners verkeer om 'n waagmoedige keuse te maak.

обработка ценаФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.