WGO: MIV buite beheer onder gays

Deel op

MIV onder gay mans wêreldwyd is buite beheer sê die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

Die WGO het aanbeveel dat selfs gesonde seksueel aktiewe gay mans ook antiretrovirale behandeling behoort te neem.

“Die epidemie het gewoon ontplof,” het Gottfried Hirnschall, hoof van die WGO se MIV-departement, Vrydag in Genève, Switserland gesê.

Volgens hom kan antiretrovirale medikasie sowel as kondome die kans om MIV op te doen met tot 25% verminder. Dit kan uiteindelik keer dat ‘n miljoen gay mans oor die volgende 10 jaar MIV/Vigs opdoen.

‘n Jonger generasie glo antiretrovirale medikasie kan hulle aan die lewe hou as hulle besmet raak en daarom raak hulle roekeloos, sê Hirnschall.

Hul kans om MIV op te doen is tans 19 keer groter as in 1980 toe daar geen toegang tot gevorderde navorsing oor die virus en antiretrovirale medikasie was nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.