Buitelanders ‘kuier te lank’ op hul SA visums

Deel op

‘Buitelanders help Suid-Afrika om van die verwoesting van apartheid te herstel’

Deel op

In die eerste kwartaal het127 656 buitelanders wat oor ons grense gekom het “te lank op hul visums gekuier”. Blykbaar is boetes ook “ondoeltreffend” as ‘n “afskrikmiddel” om buitelanders te oorreed om die land te verlaat, aldus die adjunkminister van binnelandse sake, Mkuseni Apleni.

Daarom wil die ANC-regering voortaan onwettige immigrante wat “verskeie kere” onwettig in die land gevang word tot “ongewenstes” verklaar. Die werklike syfer van onwettige immigrante of mense wat met vervalle visums in die land verkeer, is egter waarskynlik veel hoër as die amptelike 127 656.

Die departement van binnelandse sake maak dit ook voortaan makliker om om politieke asiel in Suid-Afrika aansoek te doen. By die grensposte sal ‘n asieltransitovisum wat vyf dae geldig is uitgereik word, waarna die asielsoeker by die naaste “vlugtelingontvangskantoor” kan aanmeld. Die vorige transitopermitte is nou afgeskaf.
Dit gaan ook nou makliker wees vir studente van oor die hele Afrika om in Suid-Afrika te kom studeer. Voorheen moes hulle jaarliks hul studentevisums hernieu soos in Europese lande die geval is. Voortaan sal hulle egter van ‘n langer visum voorsien word wat vir die duur van die kursus geldig is.

Apleni sê:

“Sommige studente bly in die land aan nadat hulle gegradueer het, en dra sodoende tot die ekonomie by.

“In die 1999-witskrif oor internasionale migrasie, het ons ons as ‘n nuwe demokratiese maatskappy wat van die verwoesting van apartheid herstel, daartoe verbind om mense met vaardighede, kundigheid, hulpbronne, entrepreneurskap en kapitaal aan te lok wat tot die land se heropbou, ontwikkeling en nasiebou kan bydra.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.